Die bedryf word egter erg deur siektes en plae gekniehalter. Die gebruik van chemiese middels word streng beheer, wat die produksiekoste van gewasverbouing opstoot.
Swamsiektes by groente omvat ’n verskeidenheid simptome en word deur ’n wye reeks swamme veroorsaak. Bakterieë versprei deur saad, grond, plantreste, diere, mense en werktuie. Dit dring plante binne deur natuurlike openinge, soos huidmondjies, of wonde wat deur byvoorbeeld insekte en hael veroorsaak word.
Sommige swamme val bogrondse plantdele aan, terwyl ander grondgedraagde spesies is, soos Fusarium, Rhizoctonia, Sclerotinia en Sclerotium. Sommige swamme val verskeie gasheerplante aan, soos Botrytis, Fusarium, donsskimmel, roes, Rhizoctonia, Sclerotinia en Sclerotium.