AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Biologiese boerdery verg balans

akkreditasie
Mnr. Freddie Bredenhann. Foto: Verskaf
Mnr. Freddie Bredenhann. Foto: Verskaf
As deel van ’n reeks wat gaan lig werp op die gebruik van biologiese produkte het mnr. Freddie Bredenhann, ’n grondgesondheid-konsultant wat reg oor die land aan boere raad gee, ’n paar punte uitgelig om op te konsentreer voordat jy biologiese produksiepraktyke in jou boerdery toepas.

Hou Groenskrif dop om elke maand nuwe inligting te ontvang en Freddie se antwoorde op boere se vrae en bekommernisse te lees.

Hierdie maand begin Freddie af met ’n paar antwoorde op vrae van boere oor wat om te oorweeg ter ondersteuning van biologiese produksie, asook waar om te begin.

VRAAG: Hoekom moet ek oorskakel na biologiese produksie?

Ons is wat ons eet. Siektes, liggaamlike probleme, geestelike en emosionele onstabiliteit kan dikwels gekorreleer word met wat ons eet. Ek het eendag vir een van my kliënte gevra – voordat hy oorgeslaan het na ’n biologiese stelsel – of hy sy eie produkte sal eet. Sonder om te twyfel het hy geantwoord: “Is jy gek?” Die punt is dat chemiese produksie van voedsel nie volhoubaar is nie, want, buiten dat dit weinig finansieel sin maak, wil al hoe meer verbruikers dit nie meer op hul bord hê nie. Op langtermyn het dit nie ’n gunstige uitwerking op die produsent, die ekologie of die ekonomie nie en dit is eerder vernietigend as opbouend.

As jy nie saamstem hiermee nie, dink aan die oorsprong van die koste-knyptang. Die produktiwiteit per hektaar neem toe, maar daardie opbrengste verg al meer insette. Om ’n marginaal toenemende tonnemaat per hektaar te lewer, is eksponensieel meer insette nodig om die oeste gesond te hou en te beskerm teen siektes en plae.

’n Groot leuen wat die ronde doen is, is dat ons nooit van chemiese middels sal kan afstand doen nie. As ons plantvoeding en grondlewe beter verstaan en wat dit vir ons kan beteken, sal selfs die bekamping van onkruid ’n maklike taak word. Patogene en insekte word reeds met groot sukses biologies beheer.

Grondgesondheid is dus die belangrikste aspek van ’n gesonde, winsgewende boerdery. Die grootste fout wat ons kan begaan, is om grond as bloot ’n medium te sien. Grond is ’n lewende ekostelsel vol lewende organismes wat vir ons baie meer kan doen as wat ons verbeelding ons kan voorstel. Pleks van van ’n plantvoedingstrategie, moet ons ons eerder toespits op ’n grondvoedingstrategie.”

VRAAG: Waar begin ek as ek wil oorskakel na biologiese boerdery? Begin om ’n gesonde, voordelige habitat vir grondorganismes te skep deur die grond se biochemiese eienskappe reg te stel. Die meeste boerderygronde in Suid-Afrika is in ’n anaërobies toestand, wat beteken daar is ’n gebrek aan suurstof in die grond weens swaar bewerkingspraktyke en die toediening van chemiese middels, wat bemesting insluit. As ’n boer hierdie situasie kan omswaai na ’n aërobiese toestand, sal die diversiteit van organismes toeneem. Die meeste plantpatogene kan nie in ’n aërobiese toestand oorleef nie. 

Deur te verseker die balans tussen voedingstowwe in die grond is reg, gaan die eerste en beste stap wees om hierdie aërobiese toestand in jou grond te verseker. ’n Goeie biologiese program sal balanse in die grond herstel en sal die grond met diverse, voordelige organismes inokuleer. 

Identifiseer ’n stuk grond waar jy in elk geval sukkel om goeie produksie te kry. Kontak jou grondgesondheidkonsultant en stel ’n program op waarmee jy die biologie in die grond stelselmatig kan opbou nadat die regstelling gedoen is. Hierdie proef behoort baie vinnig vir jou resultate te lewer.

Sodoende kan jy op klein skaal jou lesse leer en sien watter biologiese praktyke vir jou in jou omstandighede die beste gaan werk. Dit hoofdoel van hierdie proef moet wees om ’n voordelige habitat vir ’n groot diversiteit van grondorganismes te verseker.

Indien jy vrae vir Freddie het, stuur gerus jou vrae aan johan.vandermerwe@landbou.com of freddie@shortlands.africa. Freddie sal jou vrae in die volgende Groenskrif beantwoord.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sonder die romantiek is mens maar net n halwe mens
Ek is eerlik, gemaklik, sin vir humor, lief vir die lewe, positief, leef gesond en lief vir die natuur en veral enige diere
Kom ons wees lekker crazy saam
Never a dull moment with this gemini!ag man kom ons wees net lekker mense saam. geniet wat die lewe vir ons gooi, waarom nie. ek is n goeie mensie wat nie graag alleen wil wees...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot