AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8572
54,00
CORN
05 Jun
-
4645
121,00
SOYA
05 Jun
-
8043
55,00
SUNS
05 Jun
-
8405,4
105,40
WEAT
05 Jun
-
6348,8
2,80
WMAZ
05 Jun
-
3760
65,00
YMAZ
05 Jun
-
3831
61,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Bitter uit aalwyn gehaal

Oor die eeue heen word die aalwyn vir sy medisinale en kosmetiese voordele besing, maar nou ook in 'n opwindende reeks koeldranke en ander lekkernye waaroor mense gaande is.

Altyd gemeen die aalwyn is bitter en eintlik net 'n teenmiddel vir hardlywigheid? Verkeerd. Gaan kyk 'n bietjie wat die hoofbestanddele van die rye en rye natuurlike medisinale produkte op die rakke van gesondheidswinkels is en jy staan verstom oor hoeveel daarvan aloe feroxbevat, 'n aalwynsoort wat net in Suid-Afrika en hoofsaaklik in die Oos- en Wes-Kaap voorkom.

Ewe verrassend is die wye reeks kwale waarvoor dit aanbeveel word. Van die verligting van sooibrand, swak spysvertering tot koliek by babas en die versterking van die menslike immuunstelsel. "En," meen die verkoopsman wat my bedien het toe ek belangstellend 'n botteltjie AloExtra optel, "selfs beter as renosterhoring."

Mnr. André du Plessis, uitvoerende direkteur van African Aloe op Uniondale, die land se grootste vervaardiger van aalwynprodukte, lag maar net as hy oor die afroditiese aansprake oor die vetplant uitgevra word. "Navorsing het inderdaad getoon dat die meeste swart mense groot waarde heg aan die medisinale eienskappe van die plant. In teenstelling hiermee, is daar steeds 'n indruk onder blankes dat as dit in kos gebruik sou word, dit 'n bitter nasmaak sal hê."

Toe 'n bekende melkverspreider twee jaar gelede jogurt wat met aalwyn gegeur was, bekend gestel het, was dit nie juis 'n blitsverkoper nie omdat die meeste wit verbruikers steeds gemeen het dat dit 'n bitter smaak sal hê, sê Du Plessis.

Sy maatskappy het egter onlangs 'n groot deurbraak gemaak om die bitter smaak uit die verwerkte aalwynblare te haal sonder om op die gesondheidsaspekte daarvan in te boet. Hulle het ook 'n markgeleentheid gesien om 'n reeks gesondheidsdrankies en aalwynkoeldranke te vervaardig. Dit is veral die ingelegde aalwynstukkies, wat uit die blare gemaak word en saam met slaai, vrugte of roomys bedien kan word, wat die fynproewers gaande het.

Trouens, die nuwe reeks produkte is só gewild dat een van die land se grootste verspreiders van drankies die hele besending koeldranke wat tot volgende jaar by die aanleg op Uniondale vervaardig word, vooruitbespreek het.

Du Plessis is in sy skik met dié ontwikkeling en sê dat dit hom en sy vennoot, mnr. Ken Dodds, wat 17 jaar gelede die onderneming tot stand gebring het, se stoutste verwagtinge oortref het. Pas terug uit Europa, waar hy van die produkte bekend gestel het, sê hy dat verspreiders in Japan, Maleisië en Kanada net soveel belangstelling in die nuwe reeks produkte toon.

Hy sê die blare van aloe feroxis ryk aan vitamiene, jel-polisuikers ("gel-polysaccharides"), minerale, spoorelemente en veral kalsium. Die blare van die plant word reeds sedert 1763 deur tradisionele tappers geoes. Die sap word vir 'n bepaalde tyd gekook totdat dit aloïenkristalle vorm. Dit is hierdie kristalle wat al oor langer as 200 jaar na die Ooste en Europa uitgevoer word. Die kristalle, wat ook tot poeiervorm verwerk word, word hoofsaaklik in die farmaseutiese bedryf gebruik.

Hoewel aloe feroxwyd oor die Oos-Kaap, Suid-Kaap en groot dele van die Karoo aangetref word, verskil die bittersap- of aloïeninhoud daarvan aanmerklik. In die Oos-Kaap beloop dit 7% tot 1 %, terwyl dit in die omgewing van Mosselbaai 18% tot 24% is. Laasgenoemde is die gewildste onder kopers wat dié plant as 'n lakseermiddel gebruik.

Die tappers oes die blare van onder af. Nagenoeg 20 blare word altyd aan die plant gelaat sodat dit ná 18 maande weer geoes kan word. Plante moet minstens sewe jaar oud wees voordat dit geoes word en is ná 40 jaar nog produktief.

Du Plessis sê danksy 'n goed gereguleerde bedryf word die plante oordeelkundig geoes. "Die tappers is goed opgelei en behandel die plante met die nodige respek. In die Oos-Kaap is die meeste plekke waar die plante geoes word, nog in kommunale besit en moet toestemming van die opperhoofde verkry word voordat die blare gesny mag word.

Boere in die Wes-Kaap beskou die geld wat hulle uit die tap van aalwyne verdien as 'n bonus. "Die prys wat boere en tappers ontvang, hang uitsluitlik van die internasionale prys van bittersap af. Aangesien aloïen egter met ander natuurlike bestanddele vervang kan word, beteken dit dat die Suid-Afrikaanse vervaardigers inderdaad net prysnemers is vir die sowat 400 ton bittersap wat jaarliks uitgevoer word. Tans beloop die uitvoerprys sowat R40 000 (sowat $5 700) per ton.

"Een voordeel is egter dat in teenstelling met Aloe vera, wat hoofsaaklik kommersieel verbou word, aloe feroxin sy natuurlike staat geoes word. Dit kan dus as 'n organies geproduseerde produk bemark word. Daar is egter streng voorskrifte, soos dat skape wat byvoorbeeld gedip is of 'n lek kry wat ureum bevat, nie in die veld mag loop nie. Die proses in African Aloe se geval word deur die Instituut vir Markekologie in Switserland gemonitor en geoudit."

Die Departement van Handel en Nywerheid se verklaarde beleid om grondstowwe voor uitvoer eerder plaaslik te veredel met die oog op waardetoevoeging en werkskepping pas African Aloe soos 'n handskoen. Dié onderneming beoog derhalwe om voortaan die bittersap eerder plaaslik tot 'n finale produk te verwerk as om die basiese grondstof uit te voer.

Tesame met die tappers en mense in die fabriek het die onderneming meer as 300 mense in diens. Na gelang van die reënval kan aalwyne reg deur die jaar geoes word. "Die kuns is nie soseer die tap van die blare nie, maar die verwerking daarvan tot die kristalvorm. Weens die behoefte in die buiteland aan 'n eenvormige produk word die sap nou op 'n sentrale punt gekook. Verdere aanpassings is egter onafwendbaar aangesien daar ál meer aangedring word op naspeurbaarheid en om aan ISO 2200 en HACCP-akkreditasie te voldoen."

Du Plessis sê hoewel die toekoms vir die bedryf blink lyk, gaan dit ook ál meer gereguleer word. Die tradisionele tappers sal van beter snytoerusting en geskikte oorpakke en handskoene voorsien word. Opleidingskursusse word aangebied om 'n groter beroepstrots te ontwikkel en hulle van die gevare van MIV/vigs in te lig.

Een van die grootste voordele is dat aloe feroxnog nie kommersieel in Suid-Afrika verbou word nie en dus betreklik maklik as 'n organiese produk gesertifiseer kan word. Hoewel sy maatskappy kundiges by die WNNR met die ontwikkeling van nuwe produkte gebruik, het hulle ook mikrobioloë by hul fabriek op Uniondale in diens.

Die maatskappy se gewildste verkoper is gesondheidsdrankies en die koeldranke wat in September verlede jaar bekend gestel is. Dié drankies word onder meer met turksvye, granate, boegoe, noem-noem-bessies en heuningbostee vermeng om 'n unieke smaak aan die eindproduk te verseker. Geen preserveermiddels word gebruik nie en die raklewe van die drankies is sowat 15 maande. Met die nuwe fabriek in bedryf sal sowat 50 000 bottels van 250 ml elk en 10 000 bottels van 270 ml elk aalwynstukkies per dag vervaardig kan word.

Ook wat die grimeermiddelbedryf betref is daar opwindende moont-likhede. Die Ikala-velsorgreeks (Ikala is Xhosa vir aalwyn) word uitsluitlik in Amerika en Kanada bemark. Die uitdaging is om 'n gaping in die Aloe vera-mark te kry.

Du Plessis sê die enigste beperking is die feit dat net die blare wat vir die vervaardiging van die bittersap gebruik word, vir hul ander produkte aangewend kan word. "Ons kan dus nie net lukraak blare gaan oes nie omdat die tappers se hoofbron van inkomste die bittersap is. Die Regering sal ook nie toelaat dat meer blare geoes word as wat vir die maak van aloïen nodig is nie. 'n Enkele blaar lewer gemiddeld 10 ml aloïen op."

Hoewel 96% van die gesondheidsdrankies tans deur swart verbruikers deur middel van regstreekse verkope aangeskaf word, meen Du Plessis dat die indruk dat aalwyn steeds 'n bitter smaak het, binnekort by wit verbruikers sal verander as hulle eers een keer die produk geproe het.

Sy maatskappy stel tans nie in massaproduksie belang nie, maar spits hom eerder toe op 'n meer eksklusiewe gesondheidsmark waar die prys van die aalwyndrankies drie keer meer as dié van gewone koeldrank is.

Weens die sterk mededinging met Aloe vera meen hy ook nie dat die produk kommersieel verbou behoort te word nie. Sy maatskappy is egter bereid om boere te besoek wat aalwyne in die veld het en nog nie aan een van die land se drie maatskappye produkte lewer nie. Kundiges sal kan aandui watter opbrengs boere kan verwag. Aspekte soos die afstand van die fabriek en die digtheid van die plante speel egter 'n groot rol of plante op só 'n plaas ekonomies geoes kan word, sê Du Plessis.

Landbouweekblad, 18 Januarie 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.44
+0.4%
Rand - Pond
24.12
+0.7%
Rand - Euro
20.79
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.81
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
1,005.34
+0.0%
Palladium
1,422.51
-0.9%
Goud
1,940.92
-0.4%
Silwer
23.43
-0.8%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,421
-0.8%
Alle aandele
76,570
-0.7%
Hulpbronne 10
69,404
-1.3%
Industriële 25
104,197
-0.8%
Finansiële 15
14,808
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soma net EK.. S. U. P.
Gaan gereeld weg na bosveld / platteland. Lief vir die plekke buite Gauteng. Dit gese, Gauteng het ook pragtige plekke. Ek is ook met my kerk betrokke. Ek help in die sop...
Its me :-)
Ek is Wie ek is Ek gee nie voor nie Hou van grappies Love kinders Mal oor die lewe Positief
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot