En voor jy vra oor ’n borrel wat gaan bars of bodem wat wil uitval – daar is potensiaal om nog tot vier keer meer aan te plant.
Suid-Afrika kan “gemaklik” bloubessies op 6 000 ha verbou, meen mnr. Pieter Zietsman, bloubessiekonsultant by TopFruit, ’n maatskappy wat vrugtekultivars ontwikkel.
“Tans is daar sowat 1 500 ha in Suid-Afrika gevestig. Ons skat ’n verdere sowat 400 ha word per jaar gevestig. Dit gaan dus nog ’n hele paar jaar duur voordat ons by 6 000 ha uitkom.”