AFGRI
BEAN
30 Nov
-
9211
0,00
CORN
30 Nov
-
4484
0,00
SOYA
30 Nov
-
10399
0,00
SUNS
30 Nov
-
11285
0,00
WEAT
30 Nov
-
6666
0,00
WMAZ
30 Nov
-
5351
0,00
YMAZ
30 Nov
-
5109
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Bloubessies: United Exports-produsente maak stem dik

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die rusie tussen United Exports en die Rossouw-broers lei tot ontevredenheid onder ander United Exports-produsente omdat hulle by die moddergooiery betrek word.

Hoewel ’n tydelike skikking tussen United Exports en Ross Berries bereik is, duur die openbare moddergooiery voort. In die jongste salvo het United Exports ’n brief aan die bedryf gestuur waarin 13 aspekte van die rusie tussen die twee partye deur mnr. Roger Horak, eienaar van United Exports, uiteengesit en bespreek word. Dit volg op ’n verklaring van Ross Berries waarin mnr. Chris Rossouw, eienaar van Ross Berries, bewyse voorhou vir Ross Berries se onskuld op die klag dat hy United Exports se intellektuele eiendomsreg geskend het.

Hierdie situasie het sommige produsente wat vir United Exports bloubessies lewer, ontevrede gemaak.

United Exports-boere is gelukkig

“Die ander produsente wat vir United Exports lewer en wat baie tevrede is om by United Exports betrokke te wees, word nou deur Chris Rossouw by die saak betrek,” sê mnr. Marc Doms, eienaar van Saratoga-boerdery en die pakhuis in die Wes-Kaap waar United Exports se bessies verpak word.

“Die Rossouws voer aan dat daar talle ontevrede United Exports-produsente is. Die waarheid is dat die meeste van ons tevrede is. Ons het almal vrywillig kontrakte met United Exports onderteken met volle bewustheid van die omvang en voorwaardes. Soos met enige sake-transaksie moet jy mos jou geleentheid om te onderhandel gebruik voordat jy die kontrak teken. Dit is te laat om twee jaar nadat jy dit geteken het, jou ontevredenheid te probeer duidelik maak.”

Die ontevredenheid, volgens Doms, het begin aan die einde van die vorige seisoen, laat in 2019, toe dit weens ongunstige weersomstandighede vir geen bloubessieprodusent ’n goeie produksiejaar was nie. “Die bessies van Chris wat hier aangekom het, was van uiters swak gehalte. Teen die tyd dat die betalings gemaak is, was hy bitter ontevrede en sedertdien het hy sy mes in vir United Exports. In die proses word baie goeie mense met goeie harte swart geverf.”

Waardekettings moet gefinansier word

Mnr. Kobus Burger, die sesde generasie wynboer op die Rietvallei-wynlandgoed wat sedert 2016 bloubessies ingevolge die United Exports-kontrak produseer, is niemand wat vir United Exports produseer, ’n rat voor die oë gedraai soos wat die Rossouw-broers aanvoer nie. “Daar is geen verskuilde voorwaardes nie. Om ’n bohaai op te skop oor die kleinhandelprys van bloubessies wat drie of vier maal hoër is as wat jy op die plaas verdien, is so goed soos ’n wynboer wat meen hy word te min betaal wanneer hy een van sy bottels wyn op ’n restaurant se wynlys vir ’n astronomiese prys sien. Daar is mos ’n waardeketting wat gefinansier moet word en ek dink nie dit word in gedagte gehou nie.

“As dit nie vir bloubessies en United Exports was nie, sou my besigheid nie gewees het waar dit vandag is nie.”

Die standaarde wat United Exports aan sy gekontrakteerde produsente stel, is baie hoog en volgens Doms maak dit dikwels produsente ongemaklik. “Nie alle produsente is tevrede as United Exports hulle aanspreek oor die toestand van werkershuise of ander infrastruktuur nie, maar dit is die etos van United Exports. Die maatskappy plaas druk op produsente om sekere standaarde te handhaaf, want dis een van die maniere waarop hy hom uitsonder as leier in die bedryf.”

Tegniese bystand is waardevol

Doms meen die sogenaamde kommissie wat United Exports vir uitvoer hef, word geregverdig deur die waarde wat die maatskappy toevoeg. “Dit is nie ’n kommissie nie, maar ’n koste wat bereken word en uiteindelik deel uitmaak van die wins wat United Exports maak. Hierdie wins, na my mening, is geregverdig deur die waarde wat hy deur die hele waardeketting in kennis, netwerke en insette toevoeg. Benewens die verpakking, verskeping en bemarking doen hy ook navorsing en ontwikkeling wat van onskatbare waarde en baie duur is. Daarbenewens word kundigheid van oor die hele wêreld ingevoer om produsente by te staan.”

Volgens mnr. Eduard Pauer wat in Limpopo boer, is die tegniese produksie-ondersteuning wat hy elke twee weke van United Exports ontvang, van onskatbare waarde. “Ek het voorheen met grondbone en springmielies geboer, maar dit het te veel water gebruik. Ek het in 2016 met 7,5 ha van United Exports se bessies begin boer, maar het niks geweet van bessies nie. Die hulp wat die maatskappy verleen het, was in my geval die verskil tussen sukses en mislukking.

Uitstel op betaling

“Ek is goed bewus gemaak daarvan dat van die kultivars nie noodwendig in my omgewing sal aanpas nie en dat ek ’n risiko loop. Met my geluk het net die helfte van die aangeplante hektare gewerk. In die derde seisoen het ek ryp gehad en toe het die swak helfte weer niks gedra nie. Ek het Horak gebel om te vra hoe hy kan help. Hy het onmiddellik vir my plante van ’n ander kultivar in die plek van die onproduktiewe kultivars laat kry en selfs vir my uitstel gegee op die betaling van die vervangingsplante.

“Dit kan wees dat die nuwe pakhuis wat United Exports gebou het, effens hoër pakkoste tot gevolg het, maar ek begryp die groter prentjie van United Exports se visie. Die nuwe pakhuis sal op lang termyn koste verlaag omdat dit groter volumes kan hanteer. Die doelwit om die beste gehalte produk 12 maande van die jaar op die uitvoermarkte beskikbaar te hê beteken dat daar ’n blink toekoms wag vir almal van ons. Ons gee baie mense werk en ek kan ’n bestaan maak, wat beter is as die boerderye waarin ek voorheen betrokke was. Ek is baie tevrede en trots om ’n OZblu-produsent te wees.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.28
-1.6%
Rand - Pond
20.86
-2.7%
Rand - Euro
18.02
-2.7%
Rand - Aus dollar
11.75
-3.4%
Rand - Jen
0.13
-2.4%
Goud
1,769.59
+1.1%
Silwer
22.18
+4.3%
Palladium
1,890.69
+2.7%
Platinum
1,041.50
+3.5%
Brent-ruolie
83.03
-0.2%
Top-40
68,564
+2.6%
Alle aandele
74,828
+2.3%
Hulpbronne 10
73,434
+2.8%
Industriële 25
90,489
+2.7%
Finansiële 15
16,396
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot