Die eerste spesifieke wetgewing om die produksie van brandewyn te beheer en ’n mate van eenvormigheid af te dwing, het eers in 1886 gekom.
Van die vernaamste bepalings was dat boere voortaan lisensies moes hê om te kan stook, en inspekteurs is aangestel om ’n wakende oog oor die stokery gehou. Dit was ’n stap in die regte rigting, maar in praktyk het dit bra min beteken.
Dopbrandewyn het nog bestaan (baie boere het geglo die “krag” van brandewyn lê in die doppe) en is deur die wet as ’n soort brandewyn beskou. In 1904 het ’n volgende wet ’n aksynsheffing op brandewyn ingestel.