As studente het ons ná ’n rugbywedstryd brandewyn en Coke gedrink asof dit uit die mode gaan raak, maar oor die jare het my smaak darem ’n hoër vlak van fatsoenlikheid aangeneem.
Deesdae voeg ek niks by nie, behalwe ’n paar blokkies ys. Suid-Afrikaanse potketelbrandewyn is immers van wêreldgehalte. Daarvan getuig die internasionale eerbewyse, soos die KWV se potketel-brandewyn wat in 2019 as die beste potketelproduk ter wêreld aangewys is.
Brandewyn (en Coke) word deur sommige mense as moles- maker beskou, terwyl Suid-Afrikaanse brandewyn eintlik ’n produk van ons boere is waarop Suid-Afrikaners baie trots kan wees.