
Dit spruit uit terugvoer wat Samac van verwerkers en hanteerders in sy mees onlangse peiling gekry het.
Vanjaar se oes sal na verwagting 9 051 ton groter as die oes van 2022 wees. Toe is ’n oes van 68 840 ton gelewer – ’n verbetering van 28,5% teenoor die oes van 2021 (53 858 ton).
Makadamiakwekers is bekommerd dat daar ná drie jaar van streng covid-19-inperkings in China, een van Suid-Afrika se grootste markte vir makadamianeute, ’n groot oorskot van 2022 se oes op die mark lê aan die vooraand van die begin van die 2023-oestyd.
Mnr. Pierre Cronjé, voorsitter van Samac, het egter op ’n vergadering met finansiële instellings daarop gewys dat die oordragvoorraad deure oopmaak vir verwerkers om makadamianeute as ’n heeltydse produklyn aan handelaars te bemark. “Tot nou toe kon ons dit nie doen nie, want ons kon nie volgehoue lewering waarborg nie. Met meer boorde in produksie, groter oeste en beskikbare oordragvoorrade kan ons nou sulke waarborge lewer.”
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.