AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

China dompel makadamiabedryf in onsekerheid

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Makadamianeute, Foto: Marisa Beeton
Makadamianeute, Foto: Marisa Beeton
Die wêreld se makadamiabedryf hou sy asem op oor die wispelturigheid van die Chinese regering en die land se optimistiese oesskattings.

Met ’n internasionale makadamia-oesskatting van byna 300 000 ton staal makadamiakwekers hulself vir ’n moeilike jaar.

Die drie produserende lande wat die meeste tot hierdie toename in produksie bygedra het, is Suid-Afrika, wat vanjaar meer as 68 000 ton geproduseer het teenoor verlede jaar se 53 000 ton, Kenia wat 5 000 ton meer as verlede jaar geproduseer het, en China wat ’n oes van 30 000 ton meer as verlede jaar voorspel.

Die Suid-Afrikaanse groei is nie ’n verrassing nie, sê mnr. Miles Osborn van Samac. “Ons het twee moeilike produksiejare agter die rug, maar ons is nou weer waar ons moet wees en ons produksie gaan vir die voorsienbare toekoms net aanhou groei namate nuwe boorde in produksie kom.”

Die groot vraag is egter of China werklik vanjaar die voorspelde 63 000 ton gaan oplewer. Dié land se oesskatting is die grootste faktor in die wêreld se verwagte groei van 22%, oftewel 50 000 ton.

Mnr. Nico van Schalkwyk van Golden Macadamias was een van die deelnemers aan ’n paneelbespreking onder leiding van Osborn by Makadamias SA se bedryfsdag op Witrivier. Hy het gesê China se skatting is oor die afgelope drie maande van 46 000 ton tot 63 000 ton aangepas, maar hy glo die oes gaan aansienlik kleiner as die nuutste skatting wees, waarskynlik nader aan 40 000 ton as aan 60 000 ton.

Hy skryf die hoë skatting toe aan die feit dat makadamia-aanplantings ’n armoedeverligtingsprogram van die Chinese regering is en dat dit daarom vir dié regering belangrik is om dit as ’n sukses voor te hou. Hy wys daarop dat ’n vooruitskouing in 2018 aangedui het dat die oes teen vanjaar al op meer as 100 000 ton sou staan.

Die Chinese skatting is dalk oordrewe, maar die land se enorme aanplantings moenie onderskat word nie. Die bome is daar, sê Van Schakwyk, die skatting is dalk net so twee jaar te vroeg, wat beteken die vraag na ongedopte neute uit lande soos Suid-Afrika en Australië kan dalk afneem namate die Chinese aanplantings hul potensiaal begin bereik.

Ekonomie knyp

Daar is ook nou kommer dat die vraag na gedopte neute nie byhou by die groeiende aanbod nie. Hoewel makadamianeute omtrent 1% van die wêreld se neutmark verteenwoordig en baie potensiaal inhou vir groei, word dit teruggehou deur ’n swak wêreldekonomie, het mnr. Pieter van der Westhuizen van die makadamia-hanteerdersforum gesê.

Daar is nie koopkrag nie en boonop is daar ’n redelike voorraad neute in die mark wat van verlede seisoen af oorgedra is.

“Alle ander neute trek swaar. Ons situasie word egter bemoeilik deur ’n rekordoes en die Chinese mark wat lank deur inperkings aan bande gelê is.”

Die wêreld hou nou sy asem op en hoop dat China se covid-19-beleid gewysig word tydens dié regering se beleidskonferensie wat tans plaasvind. Indien die reëls verslap word en die Chinese nuwe jaar kan weer op tradisionele wyse gevier word, sal dit die bedryf ’n groot hupstoot gee.

Nog net 75% van die ongedopte neute wat teen verlede jaar dié tyd verskeep is, is al vanjaar verskeep. Van Schalkwyk het gesê die grootste faktor wat hiertoe bydra, is oordragvoorraad. Suid-Afrika gaan waarskynlik min of meer dieselfde hoeveelheid as verlede jaar – 20 000 ton tot 25 000 ton – na China uitvoer.

Ooraanbod

Daar gaan egter ’n baie groot deel van vanjaar se oes gedop of uitgekraak moet word, waarvan baie van die Beaumont-kultivar sal wees. Dit beteken daar gaan baie bestanddeelgraad neutkern op die mark wees as gevolg van gebrekkige Chinese vraag en ’n groter oes. Dié mark is egter nog nie voldoende ontwikkel om die groot aanbod op te neem nie. “Dit is waaroor ek snags wakker lê,” het Van Schalkwyk gesê.

Van der Westhuizen het gesê die Chinese mark het die afgelope tien tot twaalf jaar al hoe meer gesofistikeerd geraak het en sy verwagtinge wat die grootte en gehalte van ongedopte neute betref, raak al hoër.

“Die dae dat mens neute van enige gehalte in ’n sak gooi en uitvoer na ’n Chinese mark wat maar net te dankbaar is, is verby. Die land se plaaslike produsente sukkel nog met gehalte, maar vul nou daardie gedeelte van die mark en invoerders dring aan op gehalte en groter neute.”

Die feit dat China nou elke jaar meer van sy eie makadamianeute produseer, beteken invoerders is nie meer so desperaat om vinnig neute te koop nie. Hulle koop nou eers later in die seisoen en dit gaan Suid-Afrikaanse produsente en verwerkers se kontantvloei toenemend onder druk plaas.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.90
+1.1%
Rand - Pond
22.15
+0.7%
Rand - Euro
19.54
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.98
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Platinum
977.66
+0.9%
Palladium
1,479.13
+2.1%
Goud
1,969.79
+0.3%
Silwer
23.56
+1.0%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,011
+0.2%
Alle aandele
76,627
+0.2%
Hulpbronne 10
67,337
+1.0%
Industriële 25
103,167
-0.1%
Finansiële 15
15,621
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Kom ons kyk
Die lewe is nie gemaak om alleen deur te gaan. Be a rebel, eat the cake! Enjoy die klein dinge, smell the flowers!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot