
Mnr. Jean-Claude Martin en sy vrou, Carolyn, besit die landgoed naby Hermanus.
Carolyn sê hulle is oorstelp en voel geëerd om een van die toptien-wyntoerismebestemmings ter wêreld te wees.Dit is ’n erkenning dat Suid-Afrikaanse wingerde, selfs in die huidige moeilike tye, hul plek tussen die bestes ter wêreld volstaan.
“Dit was nog nooit so belangrik soos nou om uitreikprogramme in ons gemeenskap te ondersteun soos wat ons span, met die nodige toewyding en besorgdheid, doen nie. Die afgelope 18 maande het ook geverg dat sjefs meer behendig, kreatief en innoverend as voorheen moet wees.”
Sy sê hul mikpunt was nog altyd om een van die mees geliefde en innoverende wynlandgoedere ter wêreld te wees deur wyne en ervarings te skep wat hul uitsonderlike terrein weerspieël.
Mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse premier, sê dit is bemoedigend om te sien dat die Suid-Afrikaanse wynbedryf goed presteer het in die kompetisie. Ander plaaslike wynlandgoedere onder die top-100 is Delaire Graff (30), Klein Constantia (44), Spier (68), Babylonstoren (72), Steenberg (84), Groot Constantia (86), Waterford (88), Tokara (97) en Haute Cabrière (98).
Die lys van wynkelders is in 2019 gepubliseer. Dit is ’n poging om wynkelders van wêreldgehalte wat oop vir die publiek is, te help om hul profiel te verhoog en wyntoerisme aan te moedig. Die algehele ervaring van besoekers word in ag geneem en nie net die gehalte van die wyn nie.
Uitvoer
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, sê wyn is die derde grootste uitvoerproduk van die Wes-Kaap en maak 6,5% van die provinsie se uitvoer uit. Die departement reken dat 45 610 mense in die primêre produksie in die bedryf werk en 228 053 mense se lewensbestaan word ondersteun.
Die gemiddelde wynplaas het drie hoofinkomstestrome: wynverkope, ’n eetplek of wynproesentrum en toerisme-aktiwiteite. Creation Wines is suksesvol, want hy skenk aandag aan al die drie inkomstestrome.