
’n Suid-Afrikaanse wyn, Alheit’s Cartology 2011, het die vierde posisie verower op Decanter se top 50 wyne vir 2013. Die 36ste en 37ste plekke het aan twee ander plaaslike wyne, die Vuurberg Wit 2011 en Adoro Rooi se 1996-oesjaar, gegaan.
Vir die drie wynmakers, mnr. Chris Alheit van Alheit-landgoed, mnr. Donoval Rall van Vuurberg en mnr. Ian Naude van Adoro, was baie opgewonde om die laat Kersgeskenke te ontvang. Decanter word as een van die invloedrykste tydskrifte in die wêreld beskou.
Meer as 3200 wyne
Luidens ’n verklaring is die lys van die top 50-wyne deur die loop van verlede jaar saamgestel, met meer as 3200 wyne wat geproe is. Die wyne wat geproe is, is volgens gehalte en waarde beoordeel.
Rall is baie opgewonde oor die resultate wat hulle uit die toekenning gesien het. Hy sê hy word oorval met oproepe en e-posse deur mense wat in die wyn belangstel. Die wyn het 93 punte uit 100 gekry.