AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

DGB neem Backsberg-wyne oor

akkreditasie
Foto: Fredalette Uys
Foto: Fredalette Uys
DGB, een van Suid-Afrika se grootste handelsmerkeienaars, het ’n ooreenkoms beklink om die meerderheidsaandeel in Backsberg, wat meer as ’n eeu in die besit van die Back-familie was, te bekom. Backsberg se hoofplaas in Simondium is verlede jaar verkoop.

Backsberg se keldertoerusting sal skuif na Franschhoek, waar die wynportefeulje nou onder die nuwe vaandel Backsberg Family Wines geproduseer sal word.

Die transaksie sluit ook die kosjerwyne onder die Unorthodox-handelsmerk in, asook die Tread Lightly- en Backsberg Sydney Back Brandy-handelsmerk. Die landgoed se alembiekbrandewynpotketel sal ingelyf word in ’n nuwe vlytdistileerdery wat DGB tans in Franschhoek bou onder die naam The Old Road Distillery Co.

Mnr. Michael Back is besig om af te tree ná 45 jaar in die wynbedryf. Sy seun, Simon, sal aanbly as ’n direkteur van Backsberg Family Wines.

Michael sê familiebesighede moet kan vernuwe, buigsaam en vlugvoetig wees. Die samesnoering met DGB, ’n sterk, beginselvaste en innoverende wynmaatskappy, sluit by hierdie strewe aan.

Simon sê hy is opgewonde om met die uitvoerende span van DGB saam te werk om voort te bou op die werk wat sy familie gedoen het, en die Backsberg-handelsmerk na nuwe hoogtes te voer.

Mnr. Tim Hutchinson, uitvoerende hoof van DGB, sê hulle het groot respek vir die nalatenskap van die Back-familie, wat so ’n belangrike invloed op die Suid-Afrikaanse wynbedryf gehad het. “Buiten hul suksesvolle boerderybelange het ons ook nog altyd hul volhoubaarheids- en gemeenskapopheffingswerk bewonder. Backsberg sal ons portefeulje van premiehandelsmerke aanvul, wat Boschendal, Bellingham, Douglas Green, Franschhoek Cellars, Brampton en Fryer’s Cove insluit.

“Backsberg het ’n beduidende invloed op die plaaslike wynbedryf gehad. Wyle Sydney Back was toegewy aan wyngehalte en het ’n visionêre bydrae gelewer tot vernuwing van die regulatoriese wynraamwerk, soos die toelating van landgoedwynproduksie.”

Sydney se seun Michael het op sy beurt ’n groot bydrae gelewer tot groen wingerdpraktyke.

“Backsberg was die land se eerste koolstofneutrale wynkelder, en is ook ’n WWF-bewaringskampioen. DGB wil verseker dat Backsberg ’n gerespekteerde naam in die Suid-Afrikaanse wynbedryf bly. Ons het vaardige wingerdkundiges wat ons eie en gekontrakteerde wingerde bestuur, dus het wynmakers toegang tot ’n verskeidenheid druiwe wat diverse druifsoorte en terroir weerspieël.”

Die nuwe Backsberg-kelder sal op ’n eiendom langs die Franschhoek Cellars-wynkelder ingerig word. Hutchinson is vol vertroue dat DGB se uitgebreide teenwoordigheid op plaaslike en internasionale markte sal verseker dat ’n nuwe hoofstuk geskryf word in die geskiedenis van Backsberg.

“Ons is verheug dat die Back-familie betrokke sal bly by die handelsmerk, aangesien Simon Back sal aanbly as ’n direkteur van Backsberg Family Wines. Ons doel is om te bou op die sukses van die Backsberg-naam saam met die Back-familie, en ek is bly om te sê dat hulle ons opwinding en optimisme oor die pad vorentoe deel.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.29
+1.4%
Rand - Pond
21.33
+0.0%
Rand - Euro
18.30
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,809.06
+0.6%
Silwer
23.36
+0.9%
Palladium
1,916.34
+0.9%
Platinum
1,028.50
+0.8%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,237
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot