Meer mense in stede, natuurlike hulpbronne wat skaarser word en vervoerkoste wat styg, het die moontlikheid van stedelike voedselproduksie ’n werklikheid laat word. ’n Jong maatskappy in die ooste van Pretoria wys hoe boere na stede en dorpe kan uitbrei om hul produkte amper in die verbruiker se skoot te produseer.
Die ooste van Pretoria is ’n studie in kontraste, waar die hoë-inkomste-woonbuurt Silver Lakes en die historiese township Mamelodi skouers skuur. Dit is hier, in ’n nywerheidsgebied, waar die maatskappy Urban Cultivation International met mnre.
Juan Pollard en Christof Bothma aan die stuur van sake, stilweg besig is om ’n revolusie in voedselproduksie van stapel te stuur. Pollard sê Urban Cultivation het vier jaar gelede begin.