AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Droogte tref werksgeleenthede in vrugtebedryf

akkreditasie
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Sowat 22 000 seisoenale werksgeleenthede word in die vrugtebedryf geraak deur die droogte, sê Hortgro, die sagtevrugtebedryf-diensorganisasie.

Mnr. Jacques du Preez, bestuurder vir handel en markte by Hortgro, sê meer as 308 000 werkers en hul afhanklikes is op vrugteplase. Dié syfer neem nie al die ander werksgeleenthede in die waardeketting in ag nie. “Die grootste impak (van die droogte) is op seisoenale werkers met ’n beraamde 22 000 werksgeleenthede wat geraak word.” 

Du Preez sê verskeie boere beoefen gemengde boerderye met ’n permanente vrugtegewas en eenjarige groentegewasse. Die waterbeperkings het boere vanjaar laat besluit om eerder die beskikbare water vir permanente gewasse te gebruik, wat ’n verdere ongunstige impak op dié boere se inkomste en gevolglik werksgeleenthede gehad het. 

Die afname in oesvolumes plaas druk op die uitvoer- én die plaaslike mark. Die jongste oesskattings dui op ’n daling vergeleke met verlede jaar in die volumes van mid- tot laat pruime, laat nektariens, appels en pere. “Ons is te midde van ’n droogtesiklus. Wanneer die volle potensiaal van die bedryf in aanmerking geneem word, is oesskattings in sommige gevalle tot 25% minder,” sê Du Preez. 

Die werklike uitdaging wat waterbeskikbaarheid en vruggroei betref, word gedurende die somer en herfs verwag, wanneer die grootste volumes vrugte oesgereed is. 

Onverantwoordelike uitsprake

Die droogte, onverantwoordelike uitsprake deur politici en oningeligte stellings op sosiale media oor watergebruik deur die landbou is ’n bron van kommer vir die organisasie.

“Die landbou in die algemeen, en die vrugtebedryf in die besonder, het die afgelope jare groot vordering gemaak met die uiters doeltreffende aanwending van water deur die gebruik van nuwe tegnologie,” lui ’n verklaring deur Hortgro.  

Me. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het luidens 'n berig op Netwerk24 Maandag 22 Januarie op ’n nuuskonferensie oor die droogte bevestig dat die landboubedryf saamgewerk het om sy waterverbruik in te kort. 

Die impak van die droogte is nie net finansieel nie, maar ook sielkundig. Daarom is ongegronde politiekery onverantwoordelik, sê Du Preez. 

Wetgewing maak nie daarvoor voorsiening dat vrugteboere van die Regering droogtehulp kan kry nie. Die Land Bank staan wel lenings toe, maar die administrasie en aansoekproses is kompleks en tydrowend. Volgens Du Preez is daar wel belanggegroepe wat saamwerk om humanitêre hulp in sekere streke te verleen.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.95
+1.3%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
986.50
+1.9%
Palladium
1,473.91
+1.8%
Goud
1,981.47
+0.9%
Silwer
23.84
+2.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom en lê my neer
Lief vir die lewe, lief vir die natuur. tyd om iemand ook lief te hê. Man wat nog weet hor om ñ gentlemen te wees, hande nie bang is vir werk nie, iemand wat weet hoe om ñ...
Sonvanger
Ek is 'n plain, plat op die aarde, opregte, lojale straight-shooter, lief vir di lewe, jonk van gees, en glo in my God. Ek het nog my morele waardes, iets wat in deesdae se...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot