AFGRI
BEAN
06 Jun
-
9643
0,00
CORN
06 Jun
-
4627
0,00
SOYA
06 Jun
-
7760
0,00
SUNS
06 Jun
-
8228
0,00
WEAT
06 Jun
-
6630
0,00
WMAZ
06 Jun
-
3704
0,00
YMAZ
06 Jun
-
3816
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Druiwe vanjaar haastig om geoes te word

akkreditasie
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Wynboere moet regstaan om vroeër as gewoonlik te begin pars en sommer ook sorg dat hulle genoeg werkers het om die oes betyds in te bring.

“Die neigings toon daar sal druk op kelders en wingerde wees. Produsente moet seker maak hul plukspanne is groot genoeg, en ook sorg dat daar genoeg vragmotors is om die druiwe van die wingerd na die kelder te vervoer,” het mnr. Conrad Schutte, hoof van Vinpro se konsultasiedienste, tydens die organisasie se inligtingsdag in Kaapstad gesê.

Druiwe wat vir Cap Classique gepars is, was sowat ’n week vroeër as gewoonlik gereed. Schutte verwag dat die meeste wit kultivars, asook Cabernet sauvignon en Shiraz aan die rooi kant, vroeg ryp sal wees.

Soos parstyd vinnig nader kom, moet wynboere sorg dat hulle gereeld in die wingerd kom om monsters te neem. Variasie binne wingerdblokke is aan die orde van die dag. “Toets volgens grond en opbrengsverskille, en ook ál meer gereeld nader aan oestyd,” was Schutte se raad.

Die blokke wat reeds geoes is, het bevredigende opbrengste gelewer. Die druiwe se suurvlakke was goed en die pH-waardes laag. Kleurontwikkeling was ook goed.

Oesskatting in streke

Die totale wyndruifoes sal waarskynlik iewers tussen verlede jaar se oes van 1,2 miljoen ton druiwe en die vyfjaargemiddelde van 1,36 miljoen ton druiwe lê.

In die Paarl-, Robertson-, Stellenbosch- en Worcester-streek kan boere uitsien na goeie oeste, wat beter sal wees as verlede jaar.

Teen die Oranjerivier verwag Schutte ’n kleiner oes, hoofsaaklik weens rypskade einde Oktober. Dit het 8 000 ton tot 9 000 ton wyndruiwe verwoes in die laergeleë dele oos van Upington. “Daar was gelukkig genoeg opvolgreën in die opvangsgebied om die res van die oes groot te maak.”

Boere in die Olifantsrivierstreek verwag ’n groter oes as verlede jaar. “Daar was droogte, maar die wingerde lyk beter en hulle het ’n matige somer gehad.”

Ook in die Swartland word ’n goeie oes verwag, danksy goeie reënval. Schutte het egter gewaarsku dat die wind tans moles maak in die gebied en die grondwater kan uitdroog. Opvolgreën is dus nodig.

Boere rondom Montagu, wat toegang het tot besproeiingskemawater, se opbrengste behoort die Klein-Karoo-streek se oes ’n hupstoot te gee, hoewel daar steeds droogtegeteisterde gebiede is.

Teen die Kaapse suidkus lyk die wingerde beter as die vorige jaar en die wingerde groei goed. “Ons sien vanjaar minder van die siektes wat verlede jaar ’n groot deel van die oes weggevat het.”

Die Breedekloof se oes behoort soortgelyk te wees aan verlede jaar, danksy matige somertoestande en groeikragtige wingerde. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.24
+0.2%
Rand - Pond
23.95
+0.1%
Rand - Euro
20.63
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.82
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,030.68
+2.6%
Palladium
1,416.17
-1.4%
Goud
1,959.72
-0.1%
Silwer
23.59
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,422
0.0%
Alle aandele
76,603
0.0%
Hulpbronne 10
69,348
0.0%
Industriële 25
103,842
0.0%
Finansiële 15
14,979
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wanted - best friend, lover and everything else
Enjoy the normal stuff like music, cooking together and whilst I am a tactile person - I also believe that we must be able to have our own 'me' time. Prefer private...
Let see what happens
Mense mens, ek is altyd positief doen en gee die beste as wat ek kan. Enkel mamma van twee wonderlike dogtertjies en soek meer kinders. Ek is baie lief vir kinders
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot