AFGRI
BEAN
09 Jun
-
9488
0,00
CORN
09 Jun
-
4488
0,00
SOYA
09 Jun
-
7592
0,00
SUNS
09 Jun
-
8364
0,00
WEAT
09 Jun
-
6614
0,00
WMAZ
09 Jun
-
3557
0,00
YMAZ
09 Jun
-
3637
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Eet jou pampoen!

Ouma het kleintyd gesê as ons al ons pampoen eet, kry ons rooi wange en krul hare – en dit lyk mooi, sê sy.

Ouma het kleintyd gesê as ons al ons pampoen eet, kry ons rooi wange en krul hare – en dit lyk mooi, sê sy. Dit was sowat 60 jaar gelede en toe wonder ek of oumas die storie nog aan hul kleinkinders vertel. Die feit is egter dat dit nog goed gaan met ons pampoenboere te oordeel na die jongste markstatistieke.


Produsente het gedurende verlede jaar altesame R375 miljoen ontvang vir die 188 000 ton pampoene wat hulle na die varsproduktemarkte gestuur het. Dit is ’n gemiddelde prys van R 1 995 per ton wat ietwat meer is as die R1 961 per ton van 2009. Die lewerings verlede jaar is sowat 5% meer as die 178 960 van die vorige jaar. 


Botterskorsies bly die gewildste pampoen aangesien meer as 91 178 ton landwyd verkoop is. Dit is ’n toename van 17,5% op die vorige jaar. Die inkomste verdien uit die verkope het egter stadiger gestyg. Die R189,5 miljoen verlede jaar is net 7,8% meer as dié van die vorige jaar.


Dit bring mee dat die inkomste per ton van R2 266 in 2009 gedaal het tot R2 078 verlede jaar. Die bruto inkomste van R189,5 miljoen is egter meer as dié van al die ander pampoensoorte saam. 


Die inkomste verdien uit skorsies het met 21,6% toegeneem, van R45 miljoen in 2009 tot R55 miljoen verlede jaar. Verkope het egter met 7% afgeneem tot 20 633 ton. Die aansienlik skerper styging in die inkomste verdien, bring mee dat die inkomste per ton met 30% toegeneem het van R2 051 per ton in 2009 tot R2 668 per ton verlede jaar.    


Hubbard-pampoen. Met Hubbard-pampoene het dit nie so goed gegaan nie. Verkope het met 1,7% gedaal van 25 980 ton en staan nou op 25 550 ton. Die prys het met 11,4% gedaal van R1 646 per ton tot R1 458 per ton. Die verkope van Hubbard-pampoen is ietwat meer as skorsies, maar die prys is aansienlik laer (sien grafiek hieronder). Produsente het nogtans verlede jaar ’n totale bedrag van R 37,3 miljoen verdien.


Murgpampoentjies. In volume bemark verreweg die kleinste van al die pampoensoorte die minste met slegs 1 336 ton wat verlede jaar verkoop is. Dit is bykans 450 ton minder as die vorige jaar. Dit behaal egter die beste pryse van alle pampoensoorte teen amper R8 000 per ton. Skorsies, die naashoogste verdiener per ton, is met minder as R3 000 per ton nie eers die helfte van hierdie prys nie.


Met boerpampoene het dit ietwat beter gegaan. Die tonnemaat-verkope op die markte het wel effe gedaal van 51 528 ton tot 49 254 ton, maar die prys het heelwat verbeter van R1 470 per ton in 2009 tot R1 686 per ton. Dit is ’n styging van 15%.


Boerpampoene is, naas botterskorsies, die grootste produk met die 49 000 ton wat verkoop is en ’n bruto inkomste van R82,3 miljoen.


Die grafiek hieronder toon duidelik hoeveel groter die tonnemaat botterskorsies is vergeleke met die ander pampoensoorte en hoeveel kleiner die tonnemaat murgpampoentjies is as dié van die ander pampoene. Dit toon ’n vergelyking tussen 2009 (blou) en 2010 (rooi) (tonnemaat afgelees vanaf die linkerkant).


Die groot mate waarin die prys van murgpampoentjies bo dié van ander pampoene uitstyg, kan ook duidelik gesien word. (Pryse afgelees vanaf die regterkant van die grafiek.) Dit is ook duidelik dat pryse verlede jaar oor die algemeen beter was as in 2009 met die rooilyn wat meestal bo die bloulyn lê.

Die meeste kopers van pampoen bly in Gauteng. In 2009 en verlede jaar het die vier markte in dié provinsie (Johannesburg, Pretoria, Springs en Vereeniging) sowat twee derdes van alle pampoene hanteer.


Daar is verlede jaar meer as 125 000 ton pampoen verkoop teen meer as R225 miljoen. Dit is gemiddeld meer as R2 000 per ton wat ietwat beter is as die R1 947 van 2009. Botterskorsies is die gewildste met meer as 60 000 ton gevolg deur boerpampoene met amper 28 000 ton.


Die beste pryse is behaal deur murgpampoentjies wat teen meer as R9 000 per ton verkoop het, met die Pretoria-mark waar meer as R10 000 per ton behaal is.

In die Wes-Kaap is 22 789 ton pampoen verkoop wat 12% van die totale produksie vir verlede jaar verteenwoordig.


Dit is heelwat beter as die 19 916 ton wat die vorige jaar verkoop is. Die totale inkomste verdien was R42,5 miljoen teenoor die R38,9 miljoen in 2009. Die gemiddelde inkomste per ton was R1 865.


Botterskorsies was weer die grootste verkoper met meer as 10 000 ton gevolg deur boerpampoene met meer as 6 000 ton. Die beste inkomste het gekom van skorsies met meer as R2 200 per ton.


In KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap is verlede jaar in elk van die provinsies meer as 11 800 ton pampoen verkoop. Elkeen verteenwoordig sowat 6% van die nasionale totaal. Inkomste verdien beloop meer as R25 miljoen in KwaZulu-Natal en R23,9 miljoen in die Oos-Kaap.


In KwaZulu-Natal was die prys R2 129 per ton en in die Oos-Kaap R 2 016 per ton. Murgpampoentjies was in al twee provinsies die beste verkopers met onderskeidelik R6 800 per ton en R5 000 per ton.


Al sê die Vrystaat hulle is eintlik mielieboere, doen hulle ook goed met pampoene. Kort op die hakke van die vorige twee provinsies het hulle 8 500 ton pampoen verkoop wat 5% van die totale verkope verteenwoordig. Dit is egter een van die min provinsies waar die verkope afgeneem het teenoor die vorige jaar toe 8 800 ton verkoop is.


Hier word voorkeur gegee aan boerpampoene waarvan daar meer as 4 700 ton verkoop is. Die beste opbrengs kom ook hier van murgpampoentjies met net meer as R 6 600 per ton.


In die ander provinsies het Noordwes 4 944 ton teen net meer as R10 miljoen verkoop, die Noord-Kaap het 1 551 ton teen R2,8 miljoen verkoop en Mpumalanga 1 024 ton teen sowat R1,8 miljoen. Boerpampoene is verreweg die gewildste in Noordwes en die Noord-Kaap en beloop meer as die helfte van die verkope in die provinsies.


In Mpumalanga is botterskorsies die gewildste. Geen besonderhede vir Limpopo is vir 2009 of verlede jaar beskikbaar nie.


Ná meer as sestig jaar is my hare en wange nog onveranderd, maar pampoen bly lekker kos al kan ek dit nie so lekker gaarmaak soos Ouma nie. Met die duisende tonne pampoen wat verkoop word en die miljoene rande wat daarvoor betaal word, is dit duidelik dat baie ander mense dit ook geniet en kan pampoenboere met gerustheid voortgaan om nog te produseer.


Bronne: Statistiek verskaf deur die Direktoraat Landboustatistiek van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Die statistiek is slegs ten opsigte van verkope by varsproduktemarkte. Regstreekse lewerings aan kleinhandelaars, verkope by padstalletjies, ens., is nie hierby in berekening gebring nie.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.85
-0.1%
Rand - Pond
23.68
-0.1%
Rand - Euro
20.33
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.67
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
1,015.39
-0.6%
Palladium
1,365.66
-2.1%
Goud
1,964.86
-0.0%
Silwer
24.35
+0.3%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,696
0.0%
Alle aandele
77,015
0.0%
Hulpbronne 10
69,197
0.0%
Industriële 25
103,427
0.0%
Finansiële 15
15,546
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en alleen,soek n geskikte pasmaat
Ek is n hardwerkende, opregte en Godsdienstige persoon. Wil graag n opregte en eerlike dame ontmoet wat in my belangstellings deel en die lewe meer interresant maak.
Nog Soveel Mooi oor in die Lewe te ontdek en Saam te Geniet
Ek is n Rustige mens. vol Omgee .Nog bevoorreg met Goeie Gesondheid. Geniet tuinwerk. en het honde Hou van kos maak EN luister graag musiek. Gaan gereeld Sondae kerk toe. Help...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot