AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Elethu Wines presteer internasionaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO: VERSKAF
FOTO: VERSKAF
Elethu Wines het met sy eerste wyn dubbelgoud losgeslaan vir sy Skalie Cabernet Sauvignon 2020 in die Gilbert & Gaillard International Challenge.

Elethu Skalie Cabernet Sauvignon 2020 is vroeër vanjaar en voor sy algemene bekendstelling vir die Gilbert & Gaillard International Challenge ingeskryf. Die wyn het 91 uit ’n moontlike 100 punte behaal en daarmee dubbelgoud verwerf.

Luidens 'n verklaring is druiwe van die beste stokke teen optimale rypheid gepluk vir dié wyn. Dit is vir 24 uur koud geweek voor dit drie dae op die doppe gegis is.

Die wyn is vir 18 maande in nuwe vate verouder, 70% Franse eikehout en 30% Amerikaanse eikehout. Hoewel reeds gereed om te drink, sal die wyn oor die volgende tien jaar net verder verbeter, sê die wynmaker van Elethu, Christopher Filander.

Elethu Wines, ’n swart-bemagtigingsonderneming in die Suid-Afrikaanse wynbedryf, het in 2007 tot stand gekom.

Die plaas Elethu lê op die oewer van die Breërivier in die Breëriviervallei naby Bonnievale en beteken “Dis ons s’n” in Xhosa.

Daar is 33 begunstigdes van die projek. Die meeste is werknemers van wynkelders by Bonnievale. Vier begunstigdes is saam verantwoordelik vir die boerdery. Met verloop van tyd is bykans 25 ha wingerd aangeplant, die eerste in 2011. Die vernaamste kultivar is Cabernet sauvignon. Ander sluit in Merlot, Chenin blanc, Chardonnay, Sauvignon blanc en Nouvelle.

Elethu het in die verlede sy druiwe hoofsaaklik aan die Bonnievale-wynkelder gelewer. In 2020 is besluit om ook self wyn te maak onder leiding van Filander, ’n boorling van die omgewing wat in 2018 as ’n wynmaker gekwalifiseer het. Hy is hierin veral bygestaan deur Elethu se hoofbestuurder, Kristin Johnson, wat vroeër hoof van gehaltebeheer van ’n vooraanstaande Kaapse wynmakery was.

Elethu Skalie Cabernet Sauvignon 2020 het hieruit ontstaan. Skalie is die oorheersende grondsoort op die plaas. Dis ryk aan voedingstowwe en lewer, volgens Filander, druiwe van uitstekende gehalte, daarom die erkenning in die naam.

Die wyn kan in hierdie stadium nog net direk van Elethu bestel word vir deur-tot-deuraflewering teen R200 per bottel.

Besoek www.elethuwine.co.za, stuur ’n e-pos na orders@elethuwine.co.za of skakel 023 616 2795 vir nog inligting.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
+1.5%
Rand - Pond
22.08
+1.0%
Rand - Euro
19.44
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
985.06
+1.7%
Palladium
1,462.71
+1.0%
Goud
1,980.55
+0.8%
Silwer
23.82
+2.1%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Staan op met n lied in jou hart
Sag-geaard van nature, maar tog ferm en doelgerig. My ja is my ja en my nee is my nee, use it, don't use it. Ek kan ure aaneen na jou luister en jou geselskap geniet, en...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot