Die motte, wat hul eiers op sitrus kan lê, het ’n lewensiklus van 25 dae, het Joubert tydens ’n aanlyn gesprek oor die Europese sitruskwessie gesê. ’n Volwasse mot moet binne vier dae ’n maat kry, paar en eiers lê voor dit vrek. Eiers broei binne 21 dae uit.
“As die larwe tot volwassenheid ontwikkel op ’n geskikte plek om sy kokon te spin, ’n papie word en dan ’n mot, moet daar vir daardie mot ’n maat van die teenoorgestelde geslag wees iewers in sy of haar onmiddellike omgewing.
“Die kans dat twee motte van die teenoorgestelde geslag dit deur die hele metamorfose van eiers of selfs larwes tot volwasse motte gaan maak en voortplant, is duisendstes van ’n persentasiepunt.”