AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Gen-Z-wingerd bemagtig Boland Landbou-leerders

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Altesaam 21 rooi- en 19 witwyndruifkultivars is by die skool aangeplant, met die doel om te sien hoe hierdie kultivars spesifiek in die Agter-Paarl-terroir sal aard. Foto: Verskaf
Altesaam 21 rooi- en 19 witwyndruifkultivars is by die skool aangeplant, met die doel om te sien hoe hierdie kultivars spesifiek in die Agter-Paarl-terroir sal aard. Foto: Verskaf
Die leerders van Hoër Landbouskool Boland sal eerstehandse ervaring in wyndruifverbouing opdoen danksy Vinpro se Gen-Z-wingerdprojek wat onlangs 40 wyndruifkultivars op die skool se perseel gevestig het.

Die skool het verlede jaar met die Gen-Z-span begin saamwerk om die projek te koördineer nadat die Junior-landbouvereniging versoek het dat ’n demonstrasiewingerd aangeplant word.

“Die projek by Hoër Landbouskool Boland pas perfek in by die doelstellings van die Gen-Z-wingerdprojek. Ons is trots op ons verbintenis en is opgewonde om te sien hoe hierdie projek waarde vir leerders en produsente in die omgewing gaan ontsluit,” sê mnr. Francois Viljoen, bestuurder van die Gen-Z-wingerdprojek.

Altesaam 21 rooi- en 19 witwyndruifkultivars is by die skool aangeplant, met die doel om te sien hoe hierdie kultivars spesifiek in die Agter-Paarl-terroir sal aard.

Die meeste van die 2 861 wyndruifstokkies bestaan uit tradisionele kultivars, saam met ’n aantal skaars kultivars soos Agiorgitiko, Arinarnoa, Lledoner pelut, Assyrtiko en Piquepoul blanc. Terselfdertyd word ses verskillende prieelstelsels, asook ’n aantal verskillende snoeitegnieke op die proef gestel.

“Dis die eerste skool waar ons so ’n demonstrasiewingerd vestig. Dit gee op ’n vroeë stadium aan leerders blootstelling, nie net aan wingerdkunde in die algemeen nie, maar die verskillende nuanses ten opsigte van druifsoort, terroir en wingerdpraktyke,” sê Viljoen.

Produsente, wingerdboukundiges en ander belanghebbers in die omgewing sal die wingerde kan besigtig tydens demonstrasiesessies.

“Die afskop van die wingerdprojek is vir ons ’n groot mylpaal, wat ons glo die leerervaring vir ons skoliere na ’n nuwe vlak gaan voer,” sê mnr. Kobus Hartman, hoof van die Hoër Landbouskool Boland. “Ons is ook dankbaar vir elke bedryfvennoot wat met ons hande gevat het om hierdie projek moontlik te maak.”

Die vennote wat tot dusver hul dienste, produkte en kundigheid tot die projek bygedra het, sluit in Hauptfleisch Grondverskuiwing, Bergrivier Besproeiing, Die Kooperasie, Vititec Wingerdkwekerye, Voor-Groenberg Kwekery, MK-arbeidskontrakteurs en Windmeul Kelder. “Benewens hul tasbare bydrae sien ons ook daarna uit dat hierdie bedryfsvennote hul kundigheid op lang termyn aan ons leerders gaan oordra,” sê Hartman.

Gen-Z verbind wynprodusente, wingerdboukundiges, verskaffers en navorsers met die nuutste praktyke, tegnologie en hulpmiddels in die wingerd deur kleinskaalse demonstrasiepersele reg oor Suid-Afrika se wyndruifverbouingstreke te vestig.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
+0.3%
Rand - Pond
22.29
+0.1%
Rand - Euro
19.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
977.90
+1.0%
Palladium
1,440.88
-0.5%
Goud
1,970.69
+0.3%
Silwer
23.72
+1.7%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,618
+1.1%
Alle aandele
77,252
+1.0%
Hulpbronne 10
68,504
+2.8%
Industriële 25
103,934
+0.6%
Finansiële 15
15,616
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom en lê my neer
Lief vir die lewe, lief vir die natuur. tyd om iemand ook lief te hê. Man wat nog weet hor om ñ gentlemen te wees, hande nie bang is vir werk nie, iemand wat weet hoe om ñ...
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot