AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Goeie uitvoer in Oktober gee wynbedryf hupstoot

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die eerste druiwe van dié jaar se oes wat by Groote Post gepluk is. Foto: Peter Pentz
Die eerste druiwe van dié jaar se oes wat by Groote Post gepluk is. Foto: Peter Pentz
Die plaaslike wynbedryf het gedurende Oktober daarin geslaag om ’n uitsonderlike 46 miljoen liter wyn uit te voer.

Suid-Afrika se wynuitvoer vaar tans ten spyte van talle struikelblokke uitstekend, maar die bedryf sal sy produksievlakke moet aanpas as dit surplusse in die toekoms wil vermy, het me. Yvette van der Merwe, uitvoerende bestuurder by die Suid-Afrikaanse Wyninligtingstelsel (Sawis), verlede week tydens 'n inligtingsessie van Vinpro gesê.

Vinpro het Donderdag 4 November dié sessie by Klein Joostenberg aangebied.

Tans voorspel die internasionale organisasie vir wingerd en wyn dat wynproduksie wêreldwyd vanjaar 4% laer, sowat 800 miljoen liter, vergeleke met 2020 sal weens veral klimaatstoestande in die Noordelike Halfrond. Dit is gelykstaande aan die hoeveelheid drinkwyn wat Suid-Afrika produseer. “Dit bied vir ons baie geleenthede wat uitvoer betref,” het Van der Merwe gesê.

Sy het gesê die plaaslike wynbedryf het gedurende Oktober daarin geslaag om ’n uitsonderlike 46 miljoen liter wyn uit te voer. Gegewe probleme by die hawens en ander struikelblokke is dit volgens haar ’n merkwaardige prestasie.

Die groot vraag is nou volgens haar of die wynbedryf daarin sal slaag om sy surplus van verlede jaar wat op 250 miljoen tot 300 miljoen liter beraam word, uit te voer.

Daar is teen einde Oktober sover vanjaar 332 miljoen liter wyn uitgevoer, 65 miljoen liter meer vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Plaaslike verkope het egter weens inperkingsmaatreëls teen einde Augustus met 27 miljoen liter gedaal vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Sy het gesê volgens ’n peiling onder koöperatiewe en private kelders wat dieselfde sakemodel volg (en 80% van die wynbedryf verteenwoordig), is 459,9 miljoen liter van die 519,6 miljoen liter stilwyn wat hulle tans in voorraad het, reeds onder kontrak. Dit beteken 298 miljoen liter witwyn, 147 miljoen liter rooiwyn en 16 miljoen liter blanc de noir en rosé is reeds onder kontrak.

Suid-Afrika se Sauvignon blanc en Chardonnay is so te sê uitverkoop. Die situasie is egter minder rooskleurig vir plaaslike Cabernet sauvignon waarvan 29% nog nie onder kontrak is nie. Dit sal waarskynlik weens swak gehalte as droë rooiwyn verkoop word.

Sy het gesê die modelle wat hulle gebruik om produksievlakke te voorspel, dui aan dat Suid-Afrika se produksie sal daal aangesien 10 000 ha wingerd reeds uitgehaal is en daar in die volgende vyf jaar nog 10 000 ha wingerd verlore sal gaan. “Die bedryf hou egter aan om rekordoeste met al hoe minder wingerd te produseer.”

Volgens haar berekeninge, wat aanneem dat die bedryf van volgende jaar af jaarliks 1, 1 miljard liter wyn sal produseer en verkope jaarliks met 2,2% sal groei, sal voorraadvlakke teen 2025 moontlik 857 miljoen liter bereik – gelykstaande aan ’n volle jaar se verbruik. “Ons het al in die verlede veel meer as dit geproduseer. Verbeel jou wat sal gebeur as daar nog 50 miljoen liter by die jaarlikse produksie gevoeg word.”

Sy het gesê die plaaslike bedryf sal óf minder wyn moet produseer, óf ander afsetpunte daarvoor moet vind. “As ons aanhou om 1,1 miljard liter wyn te produseer, sal ons planne moet maak oor wat ons met daardie wyn gaan doen, want die normale kanale sal dit nie kan absorbeer nie. Surplusverwydering sal dan weer gedoen moet word. Hoe vinniger produksie daal, hoe vinniger sal die bedryf en pryse stabiliseer.”

Me. Siobhan Thompson, uitvoerende hoof van die bedryfsliggaam Wines of South Africa (WoSA), het tydens die sessie gesê die wynbedryf moet ’n plan van aksie vir sy uitvoer hê. Volgens haar is die belangrikste doelwit om Suid-Afrika as ’n handelsmerk in die buiteland te bevorder ten einde die wynbedryf te laat floreer. “Suid-Afrika moet wêreldwyd gesien word as ’n produsent van premieprodukte wat opwindend en uniek is.”

Sy het gesê terwyl Suid-Afrikaanse wyn in Europa nog altyd as goeie waarde vir geld beskou is, is dit nou noodsaaklik dat die Suid-Afrikaanse wynbedryf se beeld verder uitgebou en nuwe platforms geskep word waarop plaaslike wyne aan die buiteland bemark kan word.

Volgens haar is dit noodsaaklik dat wynprodusente handelsmerke bou waarby verbruikers aanklank kan vind. “Produksie moet ook deur aanvraag gelei word. Ons het gesien hoe die uitvoer van Chenin blanc en Chardonnay gegroei het. Dit is wat mense wil hê.”

Volgens haar moet die regering die wynbedryf se uitvoer steun deur handelsversperrings te verwyder. Daar moet ook volgens haar meer aandag gegee word aan die benutting van wyntoerisme om handelsmerke te versterk.

Sy het gesê dat terwyl sy verstaan dat elke wynprodusent sy eie handelsmerk probeer bemark, moet daar as bedryf saam gepraat word wat Suid-Afrika se handelsmerk betref. “Ons is divers, ons is opwindend. Ons moet dit gebruik. Ons het meer as 360 jaar se wyngeskiedenis, maar daar het ook baie die afgelope jare in die bedryf gebeur. Kom ons vertel daardie stories.”

Volgens haar moet Pinotage en Chenin blanc se gewildheid op oorsese markte gebruik word om toegang tot daardie markte te vergroot.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot