AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Graeme Sait se 10 wenke om humus in die grond te bou

akkreditasie
Foto: Marleen Smith
Foto: Marleen Smith
Die Australiese grondvoedingskundige Graeme Sait reken humus is die enkele belangrikste aspek van volhoubaarheid en winsgewendheid op lang termyn. Dit kan boonop die klimaatdilemma waarin ons is, kan omkeer.

Humus is die belangrikste hulpbron wat jy op jou plaas kan opbou. Humus is die doeltreffendste gereedskapstuk waarmee koolstof in die atmosfeer weer terug in die grond verplaas kan word en dus klimaatsverandering kan teëwerk. Terselfdertyd sal humus en die gesekwestreerde koolstof jou grond produktiewer maak.

Só het Graeme Sait op Allée Bleue buite Franschhoek gesê aan produsente wat aan Woolworths se Farming for the Future-program deelneem.

“Dit is ’n wen-wen-situasie. Ek kan jou waarborg binne die volgende vyf jaar sal owerhede boere begin betaal vir die hoeveelheid koolstof wat hulle jaarliks in die grond kan sekwestreer.

“Humus is die finale produk van die komposteringproses van organiese materiaal. Dit bevat al die voedingstowwe en mikrobes wat nodig is om te verseker dat al die biologiese prosesse in die grond doeltreffend plaasvind. Wanneer jy voldoende humus in jou grond het, maak jy goeie biologiese balanse in die grond moontlik, wat tot gesonder grond lei. Die prosesse wat in die humus plaasvind, sekwestreer die koolstof in die atmosfeer en berg dit as voedingstowwe in die grond op.

“Voordat ons egter die maniere ondersoek hoe om meer humus in ons gronde vas te lê, moet ons besef dat ons nie koolstof kan vervaardig of afbreek nie. ’n Eindige hoeveelheid koolstof is in die wêreld beskikbaar en is deel van die koolstofsiklus. ’n Groot deel van die eindige hoeveelheid koolstof op aarde is reeds in die grond, maar twee derdes van die koolstof wat eens in die grond was, is nou in die atmosfeer, wat die grootste oorsaak van klimaatsverandering is.

"Indien ons die koolstof uit die atmosfeer in die grond wil kry, moet ons deel raak van die koolstofsiklus en humus is die enigste manier om dit te vermag. Soveel as moontlik humus in ons grond is dus die enigste oplossing vir ons as boere om volhoubaarheid vir onsself te verseker in die toekoms,” sê Graeme.

Graeme gee tien wenke hoe om humus in jou grond op te bou.

1. Moenie dekgewasse brand nie. Dit maak waardevolle organiese materiaal onbruikbaar en die hitte maak die organismes in die boonste laag van die grond dood.

2. Sluit peulgewasse by al jou rotasies in. Dit maak stikstof meer opneembaar, maar belangriker as dit is dat peulgewasse sure afskei wat kalsium en fosfate afbreek en die kalsium beskikbaar maak vir plante. Dit verbeter die grondstruktuur en is ook die belangrikste element vir fotosintese. 

3. Plant ’n diverse mengsel van dekgewasse. Daar is vyf families wat altyd in ’n dekgewasmengsel teenwoordig moet wees om te verseker mikro-organismes se ontwikkeling word tot die maksimum gestimuleer. Hierdie families is: grasse, grane, koolgewasse, peulgewasse en Chenopodioideae.

4. Ontdek en gebruik humate. Humaatsure is die magtigste bevorderaar van voordelige humus.

5. Omarm die maak en gebruik van kompos. Humus is die mees volhoubare drywer van winsgewendheid. Deur kompos te maak en in jou grond te gebruik, bring jy die werkesels, die mikroörganismes wat verseker dat die humusfabriek doeltreffend werk, terug na jou grond.

6. Bewerk jou grond so min as moontlik. Elke keer as jy die grond oopmaak, oksideer jy koolstof en in nat weer word hierdie proses drie maal vinniger. Jy verloor dus die waardevolste aspek van jou grond elke keer as jy dit bewerk.

7. Bring erdwurms terug in jou grond. Erdwurms breek organiese materiaal vier maal vinniger af as wat dit normaalweg plaasvind. Daarbenewens bevorder erdwurms ook die binnedringing van lug en water in die grond.

8. Inkorporeer vee in jou boerdery. Die mate waartoe lewende hawe die vervaardiging van humus aanhelp deur die bogrondse koolstof en ander minerale beskikbaar te maak vir grondorganismes om dit af te breek en in die grond te inkorporeer, waar dit vir jou van meeste waarde is, kan deur geen mensgemaakte proses geëwenaar word nie.

9. Bevorder die afbreek van oesreste en ander droëmateriaal deur humate toe te voeg. As jou oesreste nie binne ses weke afgebreek in die grond ingedra is deur grondorganismes nie, is daar iets fout met die humusfabriek in jou grond. Deur humate toe te voeg, voeg jy voedingstowwe vir die mikroörganismes toe, wat help om die humusfabriek op te bou.

10. Verskaf genoeg suurstof aan die humusbouers. Daarvoor is erdwurms en dekgewasse wat die grondstruktuur bou, baie belangrik. Suurstof is dikwels ’n aspek wat oorgesien word wanneer bestuursbesluite geneem word nie.

“Humus is die goue draadjie wat boerderywinsgewendheid, klimaatstabilisering en die produksiepotensiaal van jou grond verbind. As jy die humus in jou grond volgehou kan opbou, sal jy vir jouself en vir die natuur ’n wen-wen-situasie verseker,” sê Graeme.

Mnr. Graeme Sait. Foto: Verskaf

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot