Só het dr. Cecilia Bester van die Landbounavorsingsraad (LNR) op ’n eendag-kortkursus by Thornham in die Oos-Kaap gesê.
Belangstelling in dié kursus oor die beginsels agter die bestuur van heuningboskwekerye was só oorweldigend dat dit binne ’n week volbespreek was. Dit is bygewoon deur 20 belangstellendes van reg oor die Kaapse fynbosgebied waar heuningbos natuurlik voorkom en verbou word.
Bester het gesê kwekerye speel ’n belangrike rol in die waardeketting. “Gehalte-saailinge met ’n goeie genetiese basis help ’n uitstekende eindproduk verseker.”