Mnr. Willem Vermeulen, besproeiingsaadbestuurder van Sabbi, sê die kultivars Genie en Overture word kommersieel aangeplant, en Planet en Errigal is nog eksperimentele kultivars. AB14-fermentasie, die ou MFM of matige fermentasie, is met Genie en Overture moontlik.
Die kultivars behaal opbrengste van 8 t/ha tot 11 t/ha en word in wisselbou met mielies, sojabone en grondbone verbou. Besproeiingswater kom met ’n kanaal uit die Vaalrivier.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.