AFGRI
BEAN
01 Jul
-
8800
-80,00
CORN
01 Jul
-
4172
-95,00
SOYA
01 Jul
-
8560
-26,00
SUNS
01 Jul
-
10740
-57,00
WEAT
01 Jul
-
7464
-1,00
WMAZ
01 Jul
-
4454
-4,00
YMAZ
01 Jul
-
4396
-12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Hoë boom val in appelbedryf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. John Cripps. Foto: Verskaf
Mnr. John Cripps. Foto: Verskaf
Mnr. John Cripps, ’n Suid-Afrikaanse appelteler wat vir verskeie suksesvolle kultivars verantwoordelik was, is onlangs op die ouderdom van 95 oorlede.

Mnr. Buks Nel, bestuurder van nuwe kultivars by Tru-Cape, het Cripps in 1992 in Australië ontmoet. Ten spyte daarvan dat hy die Cripps Pink-kultivar en later ook die Pink Lady®- en JOYA®-kultivars geteel het, onthou Nel hom as ’n nederige man.

“John het gesê hy verkies sy ander appel-‘kind’, Cripps Red, omdat die horisontale groei van sy takke dit onnodig maak om jong bome op te lei. Hy was ’n ongewone teler wat sy bome as ’n geheel gesien het en nie net die draers van vrugte nie.”

Nel vertel Cripps het die handelsnaam vir die Pink Lady®-kultivar uit een van sy gunstelingboeke, Nicholas Monserrat se The Cruel Sea, geneem. In die boek drink die hoofkarakter ’n Pink Lady-mengeldrankie wat vir John ’n gepaste naam vir ’n appel met so ’n mooi blos was.

Cripps is op 9 April 1927 in Steyning, Sussex, in Engeland gebore. Hy het tuinboukunde aan die Universiteit van Reading gestudeer waarna hy na Perth in Australië geëmigreer het. In 1959 is hy as spesialis-tuinboukundige in Wes-Australië aangestel waar hy wortelstokke en ’n strategie vir die optimalisering van tuinbouproduksie in Wes-Australië ontwikkel het.

In 1973 het hy die kultivars Golden Delicious en Lady Williams gekruis, wat tot die ontstaan van die Cripps Pink-kultivar gelei het. Dié saailing is die volgende jaar uitgeplant. In 1981 is bevind dat die saailing potensiaal het en in 1984 is die eerste proewe vir Cripps Pink onderneem.

Daar is bevind dat dié appel selfs later as Granny Smith-appels ryp word. Sy unieke pienk kleur het dié kultivar besonders gemaak en volgens Nel was dit die eerste ware pienk appel van die 20ste eeu. “Die vrugte was krakerig met ’n uitstekende soet-suur-balans en goeie houvermoë,” skryf Nel oor die appel in sy boek The Newcomers and Their Friends.

Deesdae voer Suid-Afrika 4,1 miljoen kartonhouers Cripps Pink- en Pink Lady®-appels per jaar uit.

Me. Liza Matthews van TopFruit-kultivarontwikkelaars sê Cripps Pink en sy mutasies se geskiedenis sedert dit in 1994 in Suid-Afrika bekend gestel is, is merkwaardig. “Tans is dit die kultivar waarvan daar die vierde meeste aangeplant is – 2 349 ha – en die derde meeste uitgevoer word – meer as Granny Smith-appels.

“Cripps Red en sy mutasies, ten spyte daarvan dat dit in die skaduwee van sy meer bekende sib leef, is ook ’n baie gewilde kultivar met 1 623 ha daarvan aangeplant en 2 miljoen kartonhouers wat jaarliks daarvan uitgevoer word.”

Cripps is op 10 Mei op die ouderdom van 95 oorlede. “Net soos die twee bekende appels wat hy geteel het, het hy ’n lang raklewe gehad. Rus in vrede, John,” sê Nel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.48
-1.2%
Rand - Pond
19.77
+0.2%
Rand - Euro
17.14
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-1.6%
Goud
1,793.87
-0.7%
Silwer
19.63
-3.2%
Palladium
1,926.50
-0.7%
Platinum
874.50
-2.6%
Brent-ruolie
109.03
-3.1%
Top-40
60,309
+0.3%
Alle aandele
66,365
+0.2%
Hulpbronne 10
62,651
-1.7%
Industriële 25
80,485
+1.4%
Finansiële 15
14,796
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Love the outdoors and riding my bike
I am a Funny, outgoing, fun loving, honest, loyal person Like camping, fishing, hunting and the open road on my bike
Tyd vir 'n nuwe begin...
Ek is beslis nie 'n ekstrovert nie, maar enig in my soort beslis. My vriende sou my beskryf as iemand wat stil en stemmig is maar sodra jy haar leer ken sien mens die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot