AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Hoë voorraadvlakke bly kopseer vir wynbedryf

akkreditasie
Verkope van wyn gaan aansienlik daal aangesien die meeste groot seremonies, soos troues en sportbyeenkomste, afgelas is.
Verkope van wyn gaan aansienlik daal aangesien die meeste groot seremonies, soos troues en sportbyeenkomste, afgelas is.
Indien wynprodusente hul voorraadsurplus teen Desember vanjaar tot 650 miljoen liter wil verminder, sal hulle 77 miljoen liter wyn per maand moet verkoop.

Indien wynprodusente hul voorraadsurplus teen Desember vanjaar tot 650 miljoen liter wil verminder, sal hulle 77 miljoen liter wyn per maand moet verkoop. Só het mnr. Christo Conradie, bestuurder van wynkelders by Vinpro, verlede week tydens dié bedryfsliggaam se jaarlikse inligtingsessie vir die Kaapse Suidkus gesê.

Conradie het gesê vanjaar was ’n moeilike jaar vir die wynbedryf, maar dat die 16 maande daarvoor ook nie maklik was nie. Buiten dat die handel in drank op verskeie tydstippe sedert die begin van die inperking verbied is, het probleme by die hawens die bedryf ook gepootjie.

Tans is een van die bedryf se grootste probleme om sy voorraadvlakke te verminder voor volgende jaar se oes verwerk moet word. Conradie het gesê dit is ’n internasionale probleem aangesien daar wêreldwyd ’n surplus van meer as 1 miljard liter wyn is. Wêreldwyd neem die verbruik van wyn af, terwyl die verbruik van spiritus en bier toeneem.

Volgens Conradie het die wynbedryf al 15 keer van 2017 tot 2021 daarin geslaag om 77 miljoen liter wyn per maand te verkoop, onder meer vir ses agtereenvolgende maande van Junie tot November 2017. Hy het egter gewaarsku dat om dié teiken te behaal waarskynlik prysverlagings tot gevolg sal hê, wat ’n rimpeleffek deur die hele wynwaardeketting tot by die plaashek sal hê.

Vanjaar het die gemiddelde prys van grootmaatwyn vir die tydperk van Januarie tot Junie tot R6,77/liter gedaal teenoor R7,79/liter in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Conradie het gesê daar is ’n paar sake waaraan in die volgende paar maande aandag gegee moet word. Daar moet oplossings gevind word vir probleme by hawens en tekorte aan vraghouers, veral aangesien ’n noemenswaardige toename in die uitvoer van industriële wyn verwag word.

Daar moet ook aandag gegee word aan die 61 miljoen liter rooiwyn wat nie tans voor gekontrakteer is nie en waarvan die gehalte boonop bevraagteken word. Volgens Conradie was daar teen Augustus 676 miljoen liter stil wyn in voorraad waarvoor 135,7 miljoen liter nog nie gekontrakteer is nie.

Daar moet ook volgens hom gelet word op die grootte van die wynoes in die Noordelike Halfrond, Vinpro se hofsaak oor die moontlikheid dat die verkoop van drank in die toekoms weer verbied kan word en die grootte van volgende jaar se oes.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot