Droogtetoestande in Amerika en ’n ernstige watertekort in Mexiko het daartoe gelei dat daar die afgelope maande nie genoeg pekanneute was om in die reuse-vraag uit China te voldoen nie. Tydens die Chinese nuwejaarsvieringe in Februarie was pekanneute uitverkoop.
“Die jaar het dus met positiewe groei en hoër pryse as in die vorige seisoen begin – maar toe kom maak covid-19 weer ’n draai en ’n drastiese algehele inperking word ingestel, wat groot onsekerheid bring,” sê Snyman.
Die inperking, wat sedert 1 April ingestel is, beteken geen Chinese banke kon sake doen nie, wat betalings vir ingevoerde produkte soos neute bemoeilik.