
Talle verbruikers het pynappels aangekoop om tuisgemaakte bier te maak tydens die drankverbod.
Pynappels het vroeg in Mei teen R18,54/kg op munisipale markte verhandel, maar die prys het sedertdien teruggesak tot R9,20kg.
Die prys van piesangs het teruggesak tot R7,21/kg vroeg in Junie.
Volgens Fresh Plaza verhandel lemoene, waarvan daar tans ’n baie groot aanbod op die mark is, teen gemiddeld R3,35/kg, wat as ’n mededingende prys beskou word.
Die prys van appels en pere is bestendig teen R6/kg tot R7/kg.
Avokado’s bly ’n gunsteling by Suid-Afrikaanse verbruikers en het in die tweede week van Junie selfs beter pryse behaal as die vorige week. Dié supervrug behaal tans gemiddeld R10,76/kg op varsproduktemarkte.
Landbouweekblad is steeds beskikbaar op winkelrakke, terwyl sake by https://t.co/J5CsarOmv3 en @landbouweekliks vlot verloop. Lees hier wat jou te doen staan indien jy sukkel om die tydskrif in die hande te kry én hoe jy digitaal kan lees. https://t.co/Ug6tJEMNfl
— landbou.com (@landbou) May 12, 2020