Die navorsers het terrestriële laserskandeerders gebruik en noukeurige 3D-beelde geskep wat beweging millimeter vir millimeter kan vasvang. Volgens die navorsers van die Universiteit van Oos-Finland beweeg bome hul takke in ’n daaglikse ritme.
Snags lyk dit asof hulle regmaak vir nagrus, en hulle neem ook weer water op. Daarom raak blare en takke swaarder, en gevolglik sak hulle afwaarts. “Deur die beweging van boomtakke te monitor, kan ons bepaal hoe water binne-in die boom beweeg.
Dit is belangrik om veranderinge in boomgesondheid te verstaan in die lig van klimaatsverandering wat die beskikbaarheid van water beïnvloed, asook droogtestres verhoog,” sê dr. Samuli Junttila van die universiteit, luidens die webblad ScienceDaily.com.