TUIN VAN TOEVLUG. Dié kokerbome in die Karoo- botaniese tuin op Worcester kom van Gamsberg in die Noord-Kaap, waar hulle moes plek maak vir ’n sinkmyn. Dié Karootuin, wat vanjaar 100 jaar oud is, het ’n groot versameling sukkulente en ander woestynplante. Dit is die oudste botaniese tuin naas Kirstenbosch. Mnr. Ricardo Riddles, kurator, sê die tuin is in 1921 by die Whitehill-sylyn naby Matjiesfontein gevestig. Die plantversameling is in 1945 na Worcester geskuif toe Whitehill weens ’n gebrek aan water en die herleiding van die nasionale pad (N1) nie meer geskik was nie. In die huidige dekade van ekologiese herstel, 2021-2030, kan botaniese tuine se wetenskaplike kennis en vermoë om plante vir aktiewe herstel te vermeerder, goed benut word.
FOTO: AMELIA GENIS
Dié Karootuin, wat vanjaar 100 jaar oud is, het ’n groot versameling sukkulente en ander woestynplante.
Dit is die oudste botaniese tuin naas Kirstenbosch. Mnr. Ricardo Riddles, kurator, sê die tuin is in 1921 by die Whitehill-sylyn naby Matjiesfontein gevestig.
Die plantversameling is in 1945 na Worcester geskuif toe Whitehill weens ’n gebrek aan water en die herleiding van die nasionale pad (N1) nie meer geskik was nie.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.