Khoisan voer die afgelope 20 jaar tee na hoofsaaklik Duitsland uit. Die transaksie kom te midde van groot druk op die rooibosbedryf weens die droogte in die Wes-Kaap. Hoewel die verdienste per kilogram tans styg, is volumes laag en die totale plaashekverdienste dus onder druk. Groot prysstygings die afgelope drie jaar het ook die vraag uit die buiteland nadelig geraak.
“Libstar het uitstekende netwerke – plaaslik én internasionaal – in die groot- en kleinhandelsektor en kan dus nuwe geleenthede vir Khoisan bewerkstellig,” sê me. Maristha Slabbert, woordvoerder van Khoisan. “As pryse konstant, redelik en mededingend op die wêreldmark is, is daar groot potensiaal vir rooibos,” sê sy.
Die mark vir dié tee het in Duitsland reeds ’n paar jaar gelede ’n hoogtepunt bereik en groei vind nou elders plaas. Die buitelandse verbruik het egter reeds met tot 20% gedaal weens die hoë pryse. “As hierdie nei- ging voortduur, sal ons toegang tot uitvoermarkte wat ons 20 jaar gekos het om op te bou, verloor,” sê sy.