AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Klimaatverandering lei tot swak set by pruimkultivars, sê Culdevco

akkreditasie
Ruby Star is een van die pruimkultivars wat boere in die Klein-Karoo vanjaar in die steek gelaat het. Foto: Hortgro
Ruby Star is een van die pruimkultivars wat boere in die Klein-Karoo vanjaar in die steek gelaat het. Foto: Hortgro
Culdevco, die maatskappy wat verantwoordelik is vir die kommersialisering van vrugtekultivars, het boere uit die Klein-Karoo se versoek om kwytskelding van produksie-tantième van die hand gewys.

Dit volg ná boere in sekere streke groot finansiële verliese gely het omdat die Ruby Star- en Ruby Crisp-pruimkultivars nie tydens die 2019-’20-seisoen na wense geset het nie.

Tegniese adviseurs en akademici het bevind die kultivars se swak set was weens klimaatsverandering, veral buitengewone warm temperature tydens blomtyd. Dit het ook kruisbestuiwers se blompatroon, en die sinkronisasie daarvan met die hoofkultivars, benadeel.

“Hieroor het Culdevco geen beheer gehad nie,” skryf dr. Leon van Mollendorff, hoofbestuurder van Culdevco, in Hortgro se nuusbrief.

“Daarby het Culdevco ook nie eensydige seggenskap oor die afskaffing van produksie-tantième nie, aangesien die Landbounavorsingsraad die eienaar van die kultivars is.”

Hy het boere ook daaraan herinner dat tantième betaal word op vrugte wat gelewer en uitgevoer word.

Van Mollendorf sê Culdevco doen baie stappe om die risiko’s wat kultivars vir produsente inhou, te beperk. ’n Senior evalueerder identifiseer byvoorbeeld kultivars wat aanpas by plaaslike toestande. Boonop word kultivars in Hortgro Stone se Pro-Hort-persele in verskillende klimaatstreke geëvalueer.

“Daar sal egter altyd ’n mate van risiko bly, gegewe die onvoorspelbaarheid van die klimaat, derhalwe kan Culdevco nie waarborge weens veranderende klimaatspatrone gee nie.”

Volgens hom blyk dit of Ruby Crisp se drag laer is as Ruby Star. Boonop is dié kultivar geneig om ‘dooie hout’ in ouer raamtakke te ontwikkel.

Die krake wat by Ruby Crisp voorgekom het, kon ook wees weens die gebruik van ’n Flordaguard-onderstam waarop die kultivar nie geëvalueer is nie.

“Die betrokke produsente moet derhalwe hul tegniese adviseurs kontak vir hulp en oplossings.”

Dié produsente kry wel afslag

Mnr. Jannie Marais van Cape Plum Company het bevestig dat dit ’n rampspoedige jaar vir pruime was. Kultivars wat tydens die hittegolf in September geblom het, het deur die bank power gevaar. Dié maatskappy het produsente wel kwytgeskeld van tantième op die Autumn Treat-kultivar. Op ander kultivars het hulle produsente 40%-afslag gegee.

“Ons kon Sapo ook oortuig om afslag te gee op Flavor Fall.”

Hy is vol moed dat vanjaar voorspoediger gaan wees vir die pruimbedryf.

“Ons het ’n goeie seisoen baie nodig. Op ons een plaas in die Ladismith-omgewing het ons tussen Mei en Julie twee keer meer koue-eenhede gehad as verlede jaar, so dit lyk nie sleg op die oomblik nie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot