AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Knoffelboere byt vas deur taai tye

akkreditasie
Foto: Nico van Burick
Foto: Nico van Burick
Knoffelboere in Suid-Afrika bly optimisties ten spyte van die uiters swak knoffelprys, strawwe buitelandse mededinging en moeilike produksie-omstandighede.

Knoffel van goeie gehalte word tans uit Spanje vir so min as R15/kg ingevoer, terwyl Suid-Afrikaanse boere ongeveer R25/kg moet verdien om te oorleef. Dit plaas die plaaslike bedryf onder enorme druk, maar daar is volgens mnr. Corrie Bezuidenhout, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Knoffelkwekersvereniging (SAKKV), steeds genoeg redes om optimisties te bly oor die toekoms van die bedryf.

Ooraanbod op wêreldmark

“Die afgelope jaar was beslis een van die moeilikste jare in die geskiedenis van die plaaslike knoffelbedryf. Spanje het ’n baie goeie produksiejaar beleef, wat ’n ooraanbod op die wêreldmark meegebring het. Dit beteken dat plaaslike invoerders goeie knoffel teen baie lae pryse kon invoer.

“Die kultivars wat in Spanje verbou word, is baie aantreklike knoffel met ’n sterk geur en groot huisies wat dit maklik maak om mee te werk. As ons in Suid-Afrika met hierdie kultivar wil boer, sal ons suid van Kaapstad moet begin boer om op die regte breedte-graad te wees. Dis uiteraard onmoontlik,” sê Bezuidenhout.

Suid-Afrikaanse boere het normaalweg ’n plaaslike bemarkingstydperk van einde Julie tot begin Oktober wanneer plaaslike vars, onbestraalde knoffel voorkeur geniet by kopers. Hierdie geleentheid het die afgelope jaar bykans in die niet verdwyn weens die oorproduksie in Spanje en prysspekulasie in China.

“Die SAKKV het in 2018 met ’n veldtog begin om lojaliteit teenoor Trots Suid-Afrikaans-knoffel te ontwikkel, maar die verbruiker is baie prysgevoelig en sal eerder die goedkoper knoffel aanskaf,” sê Bezuidenhout.

Volgende oes

Is hierdie faktore gesamentlik die begin van die einde van die plaaslike bedryf?

“Verseker nie,” meen Bezuidenhout. “Plaaslike boere is onder enorme druk, maar die oorproduksie in die buiteland sal normaliseer. Spanje het vanjaar reeds tot 25% minder knoffel aangeplant as in die vorige paar jaar. Die huidige wêreldprys van knoffel is nie volhoubaar vir internasionale produsente nie. Die prys sal dus weer styg en ons bemarkingsgeleenthede sal terugkeer.

"Goeie bewyse dat die bedryf nog optimisties is en dat boere ’n toekoms sien, is dat die volgende oes reeds in die grond is. Sommige boere het minder geplant en daar is ’n paar boere wat ophou knoffel plant het, maar die meeste boere het steeds knoffel geplant,” sê Bezuidenhout.

Agri Inspec het in November ’n ondersoek in opdrag van die SAKKV gedoen nadat 120 ton knoffel skynbaar teen R2,50/kg uit China ingevoer is. Volgens mnr. Bertus van Heerden, besturende direkteur van Agri Inspec, is die ondersoek steeds aan die gang. Die voorlopige inligting is aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oorhandig vir evaluering.

Volgens Bezuidenhout is die normale invoertarief en die bykomende teenstortingstarief wat op knoffel uit China ingestel, doeltreffend, maar wanneer die wêreldwye mark vir knoffel so oorvol is, is daar nie veel wat plaaslike boere daaraan kan doen nie.

“Dit gaan moeilik wees om verdere invoertariewe op knoffel uit Europa in te stel weens handelsooreenkomste tussen Suid-Afrika en die Europese Unie,” sê Bezuidenhout.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sonder die romantiek is mens maar net n halwe mens
Ek is eerlik, gemaklik, sin vir humor, lief vir die lewe, positief, leef gesond en lief vir die natuur en veral enige diere
Kom ons wees lekker crazy saam
Never a dull moment with this gemini!ag man kom ons wees net lekker mense saam. geniet wat die lewe vir ons gooi, waarom nie. ek is n goeie mensie wat nie graag alleen wil wees...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot