AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Kompetisie wys wingerde herstel goed ná droogte

akkreditasie
Vanjaar se paneel het weens Covid-19-reisbeperkings slegs uit Suid-Afrikaanse beoordelaars bestaan.  Voor staan (van links): James Pietersen, Narina Cloete, Michael Fridjhon, Francois Rautenbach en JD Pretorius. Agter staan (van links): Cathy van Zyl MW, Heidi Duminy CWM, Christian Eedes, Patson Mathonsi en Spencer Fondaumiere. Foto: Verskaf
Vanjaar se paneel het weens Covid-19-reisbeperkings slegs uit Suid-Afrikaanse beoordelaars bestaan. Voor staan (van links): James Pietersen, Narina Cloete, Michael Fridjhon, Francois Rautenbach en JD Pretorius. Agter staan (van links): Cathy van Zyl MW, Heidi Duminy CWM, Christian Eedes, Patson Mathonsi en Spencer Fondaumiere. Foto: Verskaf
Sauvignon blanc-wingerde wat die droogte oorleef en herstel het, is van goeie gehalte en beloof om beter wyne as ooit te lewer.

Só het mnr. JD Pretorius, wynmaker by Warwick-wynlandgoed en beoordelaar in die twintigste Old Mutual Trofeewyn- en spiritualieë-skou, gesê ná sowat drie en ’n half dae waarin hulle inskrywings vir dié kompetisie onder die loep geneem het.

“Daar is kultivars wat nie so geraak word deur droogte as ander nie en wat minder geneig is om foute te wys. Iets soos Pinot noir en Merlot is baie meer netelig.”

Hy glo die droogte het wingerde wat lankal uitgehaal moes wees of op verkeerde plekke geplant is, verwyder. “Die droogte het mense ook weer laat nadink oor wat hulle doen, hul produkmengsel en hul wingerdopset.”

Minder inskrywings, goeie gehalte

Mnr. Michael Fridjhon, voorsitter van die wynskou, sê dit was vanjaar veral interessant om te sien wat tydens die pandemie-era na bo “geperkuleer” het. Altesaam nege plaaslike beoordelaars het die wyne geproe en beoordeel.

“Weens die aard van die pandemie was daar minder inskrywings, maar die getalle het nie drasties afgeneem nie. Die gehalte was wel daar,” het Fridjhon tydens ’n video-uitsending oor die kompetisieresultate gesê.

“Produsente wat kon inskryf, moes vertroue hê in die gehalte van hul produk, daarom sien ons vanjaar ’n hoë persentasie van medaljes.”Altesaam 5% van die totale inskrywings het goue medaljes verwerf. Dit is in ooreenstemming met die skou se langtermynneigings. Fridjhon sê die silwer klas was “solied” en meer brons medaljes is as gewoonlik toegeken.

“Dis ’n aanduiding van ’n verbetering in gehalte. Dit toon dat die wyne se gehalte na die droogte goed is.”

Ou wingerde en niswyne

Hy sê vanjaar se kompetisie het meer inskrywings in die niskategorieë vir wit- en rooiwyne gelok.

“ ’n Mens sou dit verwag in ’n bedryf wat gedurig soek na nuwe en interessante maniere om met wyndrinkers reg oor die wêreld kontak te maak. Ons sien ook meer inskrywings van wyne wat gemaak is uit ou wingerde. Dit wys jou Suid-Afrika sit sy beste voetjie voor en dit bring groot opwinding, veral in die witwynkategorie.”

Die puntetoekenning is vanjaar aangepas om soortgelyk te wees aan ander wynkompetisies, skoue en beoordelaarsplatforms. Om ’n goue medalje te verdien, moes ’n wyn 95 of meer punte kry, pleks van 90. Silwer medaljes is aan wyne toegeken wat van 90 tot 94 punte behaal het. Die brons medaljes is bedoel vir wyne wat van 85 tot 89 punte by beoordelaars kry. Die resultate word in Julie bekend gemaak.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.26
-0.5%
Rand - Pond
21.22
-0.9%
Rand - Euro
18.23
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.72
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,801.92
+0.7%
Silwer
23.18
+0.5%
Palladium
1,934.50
+0.2%
Platinum
1,005.50
-0.4%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,694
+0.6%
Alle aandele
74,900
+0.6%
Hulpbronne 10
73,656
-0.2%
Industriële 25
93,059
+1.5%
Finansiële 15
15,485
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Opgewonde! Lets do this!
Ek is passievol, opreg, eerlik en sommer net vol energie! Ek kan 'n lekker stappie in die woud gaan doen... ek kan die hele aand deur op daai dansbaan dans, ek kan die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot