AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Koue-Bokkeveld soek antwoorde in herlewingslandbou

akkreditasie
Mnr. Dene Zondagh van Nulandis (links) het Nulandis se NuWay-beginsels, wat op grondgesondheid en insetbesnoeiing konsentreer, aan die studiegroep voorgelê. Me. Sheila Storey (middel) het die boere vertel oor die belangrikheid van grond-organismes. Mnr. Kobus Herholdt (regs), uitvoerende hoof van Atlantic Fertiliser, wat die studiegroep geïnisieer het, het ook die dag bygewoon. Foto: Johan van der Merwe
Mnr. Dene Zondagh van Nulandis (links) het Nulandis se NuWay-beginsels, wat op grondgesondheid en insetbesnoeiing konsentreer, aan die studiegroep voorgelê. Me. Sheila Storey (middel) het die boere vertel oor die belangrikheid van grond-organismes. Mnr. Kobus Herholdt (regs), uitvoerende hoof van Atlantic Fertiliser, wat die studiegroep geïnisieer het, het ook die dag bygewoon. Foto: Johan van der Merwe
Atlantic Fertiliser se eerste herlewingslandbou-werkgroepsessie het uit die staanspoor resultate gelewer.

Een van die voorste groenteprodusente in die Koue-Bokkeveld het na aanleiding van die eerste sessie van die Atlantic Fertiliser-herlewingslandbou-studiegroep besluit om herlewingslandboubeginsels te begin toepas.

Mnr. Anton de Jager, een van die bestuurders van De Keur-landgoed, sê die inligting en ondervinding wat op die werksessie bespreek is, het vir hulle die deurslag gegee.

“Ons wik en weeg al lankal om ons grondgesondheid met spesifieke praktyke op ’n biologiese manier aan te pak. Soms ontbreek die moed en die kundigheid oor hoe om ’n begin te maak. Vandag het ons die moed gekry en ons hand op die kundigheid gelê. Ons sal beslis begin by ’n dekgewas-mengselproef op een van ons groentelanderye en dit van daar verder voer,” sê De Jager.

Mnre. Stoney Steenkamp van Stoney-landboudienste, Freddie Bredenhann van Shortlands-landboudienste, Charus du Plessis van Atlantic Fertiliser, Dene Zondagh van Nulandis en me. Sheila Storey van Nemlab het hul kennis en ondervinding bespreek. 

Steenkamp het die afgelope twee jaar proewe met dekgewasse in ’n wingerd by Vredendal uitgevoer. 

“Dit is baie voordelig om in boorde materiaal op die bankie te kry, omdat dit vog bewaar, die temperatuur in die mikroklimaat laer hou en die grondtemperatuur stabieler hou. Dit raak egter duur om kaf van die koringboere af aan te ry. Die antwoord is dus om materiaal op die bankie self te maak. Boonop het dit die voordeel van lewende, diverse wortelstelsels wat grondgesondheid bevorder.”

Mnr. Kobus Herholdt, uitvoerende hoof van Atlantic Fertiliser, meen hierdie werkgroepe bied ’n gulde geleentheid vir die maatskappy om op grondvlak betrokke te raak. 

“Dit is vir ons ’n geleentheid om saam met die produsente te stap en produkte te ontwikkel wat hulle help om doelwitte vir grondgesondheid en inset-besnoeiing te behaal. Ek glo daar sal nog baie waarde uit die studiegroepe uitkom.”

Vir mnr. Johan Eksteen, hooflandboukundige by Dutoit-groente, is ’n studiegroep soos hierdie belangrik, omdat elke boer se ervaring so verskil. 

“Ons moet realisties wees en besef dat ons onsself moet leer hoe om ’n ekostelsel en bio-diversiteit te bestuur, wat spesifieke hulpbrontekortkominge in groenteboerderye aanpak. Ons gaan dit nie in een rotasie regkry nie.”

Mnr. Erik Conradie van Eck-konsultante het Eksteen se sentiment beaam. “Ons sal van mekaar moet leer. As ons maar net dink aan die herplantsiekte by appels en die probleme met aalwurms, dan is dit ’n groot kwessie om in die vrugtebedryf weg te stap van chemiese middels af.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot