AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Kruie-entrepreneur diversifiseer te midde van pandemie

akkreditasie
Mnr. Basil Williams van Herbal View Hydroponics. Foto: Verskaf
Mnr. Basil Williams van Herbal View Hydroponics. Foto: Verskaf
Die covid-19-pandemie, wat die sluiting van verskeie ondernemings veroorsaak en tradisionele roetes na markte afgesny het, het mnr. Basil Williams van Stellenbosch aangespoor om waarde tot sy kruieboerdery toe te voeg, nuwe maniere te vind om klante te bereik en die besigheid boonop uit te brei.

Sy besigheid, Herbal View Hydroponics, het oor ’n dekade gegroei van ’n hoekie onder nette in sy ouers se tuin tot 1 ha grond, ses personeellede en ses tonnels wat elk 10 000 tot 20 000 kruieplante huisves en maandeliks 3 ton kruie, onder meer basiliekruid, koljander, tiemie, mint en mikrokruie, lewer.

Sy pad was nie sonder struikelblokke nie. Nadat hy met steun van die Wes-Kaapse departement van landbou na ’n groter stuk grond in Pniel uitgebrei het, het ’n storm sy tonnels verwoes. Dit het hom egter nie afgeskrik nie. Hy is terug na die regering vir hulp om ’n meer geskikte stuk grond te huur waar hy twee tonnels opgerig en ’n voertuig bekom het om sy produkte te vervoer.

Volgens Williams is toegang tot landbougrond een van die grootste probleme. Dit het hom egter nie gekeer nie. Met die hulp en steun van verskeie ondersteuningsprogramme het hy baie geleer en “sterker anderkant uitgekom”.

Sy raad aan ander entrepreneurs en beginnerondernemings is om toe te laat dat hul passie hulle aandryf. “Werk hard en moenie opgee nie, maak nie saak watter probleme daar is nie. As jy val, staan op en hou aan beweeg. Hou aan verken, benut elke geleentheid en wees altyd bereid om by ander te leer.”

Covid-19

Nadat hy al dié vordering gemaak en struikelblokke oorkom het, was hy nie van plan om ’n virus toe te laat om sy spoed te breek nie.

“Oor die jare het ek geleer om meer soos ’n sakeman te dink, nie net soos ’n boer nie. Jy moet innoveer en diversifiseer om te verseker dat jou boerdery ’n volhoubare besigheid in ’n mededingende mark bly. Self voor die covid-19-pandemie, toe ekonomiese bedrywighede verlangsaam het, moes ons anders dink en strategieë ontwikkel om ook verwerking te doen pleks van net vars produkte te verskaf.

“Covid-19-beperkings het ons dryfkrag om te innoveer versterk namate die inperking besighede geraak en ons toegang tot markte beperk het. Ons het kreatief geraak en ons produkte aanlyn verkoop om mense meer bewus te maak van ons en voordeel te put uit die geesdrif om plaaslike besighede te ondersteun te midde van die probleme wat die pandemie geskep het.”

Sowat 70% van Herbal View se kruie word nou gebruik vir die vervaardiging van sy eie reeks pesto’s, souse, gedroogte kruie, kruiesoute en kruiegegeurde olies, wat oor die afgelope paar jaar ontwikkel is en gedurende die inperkings afgerond is. Dit is reeds aanlyn beskikbaar en sal binnekort ook op winkelrakke in die Wes-Kaap beskikbaar wees.

Die res van die besigheid se opbrengs word as vars kruie aan groot- en kleinhandelaars, onder meer Spar en Food Lover’s Market, asook verwerkers, soos Ina Paarman en Pesto Princess, verkoop. Herbal View lewer ook vars produkte aan ’n aantal restaurante en deli’s in die Boland.

Williams, wat ook besturende direkteur is by Herbal View, gebruik die nuutste hidroponiese tegnologie, lewer heeljaar produkte en organiese, natuurlike sproeimiddels om plae te bekamp. Die verwerkte produkte bevat geen preserveermiddels nie en Williams het volle naspeurbaarheid vir al sy sade en bestanddele.

Hy voel sterk oor bemagtiging en tree gereeld as mentor vir ontwikkelende boere op. Hy is ook betrokke by die oprigting van ’n verwerkingsaanleg in Kylemore om opkomende boere te ondersteun en by waardetoevoegende verwerking van landbouprodukte betrokke te raak.

Williams is een van 16 studente aan die kleinsake-akademie van die Universiteit Stellenbosch se bestuurskool, wat hy meen hom in staat gestel het om in beheer van sy besigheid te wees pleks van net in ’n besigheid te wees.

Die akademie bied ’n nege maande lange ontwikkelingsprogram wat daarop gemik is om entrepreneurs in lae-inkomstegebiede in die Wes-Kaap te bemagtig. Williams sê hy het aansoek gedoen by die akademie om sy kennis en vaardighede, veral finansiële bestuur en besigheidsbeplanning, uit te brei.

Dr. Armand Bam, hoof van die akademie, sê Williams se besigheid wys wat behaal kan word wanneer die krag van die openbare, private en onderwyssektor saamgesnoer word om klein tot mediumgroot ondernemings te ontwikkel.

Met die akademie se ondersteuning is Williams se doelwit nou om plaaslik meer werksgeleenthede te skep, sy produkte nasionaal te versprei en volgende jaar te begin uitvoer. Hy bekom tans finansiering en steun vir sy planne om na ’n plaas van 5 ha en ’n verwerkingsaanleg uit te brei.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
+0.4%
Rand - Pond
21.31
+0.1%
Rand - Euro
18.35
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.73
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Goud
1,769.83
-1.6%
Silwer
22.24
-3.9%
Palladium
1,858.50
-2.2%
Platinum
1,001.85
-1.8%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot