AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Landbou steeds bousteen

'n Oorsig van die landbousektor se prestasie die afgelope paar jaar toon bestendige winste, gesonde groei en belowende geleenthede.

'n Oorsig van die landbousektor se prestasie die afgelope paar jaar toon bestendige winste, gesonde groei en belowende geleenthede.

Die landbouproduksie in 2006/'07 het 'n geskatte R89 004 miljoen beloop, 'n toename van 27% vergeleke met 2005/'06. Die sektor se bydrae tot buitelandse valutaverdienste is omtrent 9%.

Die waarde van sagtevrugteproduksie het met omtrent 24% teenoor 2005/'06 toegeneem. Binne die landbousektor is sagtevrugte een van die grootste verdieners van buitelandse valuta. Sagte- en ander vrugte maak 21,9% van die tuinbou-subsektor uit en die re&eumlle inkomste het van 1996 tot verlede jaar met 13,5% toegeneem.

Hierdie groei is aangevuur deur verskeie faktore, soos 'n toename in verbruikersdruk, 'n opkomende middelklas en 'n ho&eumlr besteebare inkomste binne 'n ekonomiese omgewing met stabiele groei. 'n Bykomende faktor is dat die Regering, groot korporatiewe instansies en finansi&eumlle instansies besef dat die landbou 'n belangrike bydrae tot die ontwikkeling en volhoubaarheid van die land se ekonomie lewer.

Mnr. Bertie Smith, direkteur van landbou-bankdienste by Standard Bank, sê: "Standard Bank verstaan die belangrikheid van 'n winsgewende landbousektor in Suid-Afrika se ekonomiese groei. Ons borgskap van die Bien Donné-ekspo is natuurlik 'n uitbreiding van ons bestaande ondersteuning aan die landbou, wat tot 1863 terugdateer. Ons betrokkenheid toon ons volgehoue steun aan die sektor, wat geposisioneer is om selfs 'n meer beduidende bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie te lewer."

Die sukses wat die sektor tot op datum geniet het, was nie sonder gepaardgaande uitdagings nie. Globalisering het onder meer vir groter mededinging gesorg. Die winsmarges van individuele produsente was onder druk weens onlangse faktore, soos die toename in brandstofpryse en ongunstige weerstoestande.

Suid-Afrika is hoofsaaklik 'n uitvoerder van vrugte. Die wisselvalligheid van die wisselkoers het dus 'n groot impak op vrugteboere.

"Agribesighede en boere moes noodgedwonge aanpas om winsgewendheid te verseker en bogenoemde en ander uitdagings te oorkom. Om mededingend en volhoubaar te bly, moet boere meer gesofistikeerde bemarkings-, verpakkings- en logistieke praktyke asook waardeketting-integrasie ondersoek," sê Smith.

Boere is meer bewus van kultivarsamestellings om die beste moontlike opbrengs te realiseer. Boere maak nou ook meer van marknavorsing en sake-inligting gebruik om markneigings te voorspel en voorbereid te wees. Meer aandag word ook aan die uitbreiding en verbetering van produksiepraktyke gegee.

Hierdie pogings het resultate gelewer, aangesien die land taamlik mededingend met die meeste vrugteproduserende lande is. Dit is nietemin uiters belangrik dat Suid-Afrika se boere hul uitvoermark tot buite die grense van die Europese Unie diversifiseer ten einde mededingend te bly. Deur nuwe markte te identifiseer en die geleenthede te benut, kan die land se vrugtebedryf sy winsgewendheid verhoog en meer mededingend wees.

Interne en eksterne risiko's bedreig gereeld die volhoubaarheid van die boerdery. Hoewel talle van hierdie risiko's onvermydelik is, kan die gevolge deur deeglike finansi&eumlle beplanning en die spesialis-advies van kredietwaardige konsultante bestuur word. "Standard Bank het 'n groep toegewyde landbouspesialiste met 'n omvattende kennis van die bedryf om rigting en goeie raad te bied aan almal wat in die landbou betrokke is," sê Smith.

"Wat die bevordering van transformasie binne die sektor betref, bied die bank individueel gestruktureerde pakkette vir swart ekonomiese bemagtiging.

"As 'n bykomende diens aan ons kli&eumlnte, verkies Standard Bank om betrokke te raak by aansoeke om toelaes ingevolge die Regering se program vir die herverdeling van grond vir landbou-ontwikkeling (LRAD). Verder identifiseer ons moontlike ander toelaes wat beskikbaar is en maak ons namens kli&eumlnte voorstelle aan die Departement van Grondsake ten einde die beste moontlike besigheidstransaksie te beding," aldus Smith.

Veral in die sagtevrugtebedryf het produsente te kampe met die "koopkrag-uitdaging" van 'n klein aantal groot kopers wat gewoonlik die pryse vasstel. Hierdie uitdaging kan oorkom word as boere opnuut beheer neem van die bemarkingsfunksie en sodoende die bedingingsmag in hul eie hande terugplaas.

"Die Suid-Afrikaanse ekonomie trek reeds voordeel uit ons belegging in die plaaslike landbousektor. Voortdurende investering sal die land in staat stel om met die voorste landbou-lande ter wêreld mee te ding," sê Smith.

  • Vanjaar se Bien Donné-ekspo word op 1,2 en 3 November aangebied.

    Landbouweekblad, 26 Oktober 2007

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.18
    -0.5%
    Rand - Pond
    22.24
    -0.1%
    Rand - Euro
    19.60
    -0.0%
    Rand - Aus dollar
    12.10
    -0.1%
    Rand - Jen
    0.14
    -0.2%
    Platinum
    976.84
    0.0%
    Palladium
    1,415.66
    0.0%
    Goud
    1,978.67
    0.0%
    Silwer
    23.23
    0.0%
    Brent-ruolie
    74.99
    -1.2%
    Top-40
    69,181
    -1.3%
    Alle aandele
    74,695
    -1.2%
    Hulpbronne 10
    64,294
    -1.4%
    Industriële 25
    101,619
    -1.0%
    Finansiële 15
    15,178
    -1.6%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Spontaan en lief vir kamp en road trips
    Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
    Ant
    Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot