AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Lewenslustige D

As daar 'n paar tuinstewels is wat diep spore in die vrugbare sooie van die Boland getrap het, word hulle ongetwyfeld deur Dés Versnel, landskapdeskundige van formaat, volgestaan. Want soos die jongste slagspreuk van 'n groot bankinstelling lui, benader sy die lewe anders.

As daar 'n paar tuinstewels is wat

diep spore in die vrugbare sooie van die Boland getrap het, word hulle

ongetwyfeld deur Dés Versnel, landskapdeskundige van formaat, volgestaan. Want

soos die jongste slagspreuk van 'n groot bankinstelling lui, benader sy die lewe

anders.

Miskien is dit omdat sy hande vol joie de vivre saam met haar kwekelinge in die grond inwerk dat haar lewe nie net een van uitbundige kleurigheid nie, maar ook van merkwaardige vakmanskap en ongewone mylpale is.

"Ek gee toe ek is geneig om holderstebolder in die put te spring en dán eers te dink hoe ek daar gaan uitkom," skerts sy, "maar dit het my waarskynlik gedwing om voortdurend nuwe dinge te leer en aan te pak."

Aanvanklik lag sy net verleë toe ek haar bel vir 'n onderhoud.

"My man, Ron, is éintlik die een oor wie julle 'n artikel moet skryf. Hy is reeds in 1999 oorlede, maar sy lewe was deurspek met soveel uitsonderlike gebeure en belewenisse dat 'n mens vir ure daarna kon luister. Dis eers toe ons al jare lank getroud was, dat ek 'n begrip begin vorm het van die dinge wat hy reeds as kind beleef het."

As twaalfjarige seun van 'n Hollandse geoloog moes hy saam met sy ouers uit Indonesië - waar sy pa gewerk het - vlug toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek. "Gedurende die oorlog beland hy in 'n manskamp waar hy vir 'n Japanse kok gewerk en snags onder 'n tafel geslaap het.

"Ek mis steeds die wonderlike Indonesiese disse wat hy gereeld vir ons voorberei het."

Maar ondanks haar man se kleurryke lewe, skiet haar eie beslis nie te kort aan buitengewone uitdagings nie. Al praat sy lighartig en skertsend oor die vreemde paaie waarop die lewe haar al gelei het, staan 'n mens verstom voor die take wat dié formidabele vrou al aangepak en suksesvol afgehandel het. Hiervan is hoogtepunte die beplanning en uitleg van onder meer tien keldertuine, waaronder die wynlandgoedere van Nederburg, La Bori, Simonsvlei, Aan De Dorings, Plaisir De Merle, Fairview en Rhebokskloof s'n tel.

Op 67-jarige ouderdom verklap nie eens haar soepel vel dat sy al van kindsbeen af 'n liefde vir die buitelewe het en haar werk dikwels take in die ongenaakbare son vereis nie.

"Ek glo juis ek lyk nog relatief goed vir my jare omdat ek gereeld fisiek buite bedrywig is. En ek dra ook nie 'n hoed as ek in die son werk nie. Sonblootstelling doen niks aan my nie. Maar ek het nog altyd in 'n goeie vogroom belê!"

Haar vurige passie vir grond en plante het reeds as kind op haar ouers se plaas Waterkloof in Somerset-Oos begin. "Plante is nes mense. Hulle floreer onder sorg en aandag. Ongelukkig kan ek nie met my plante praat nie - hulle is té veel," lag sy.

Ron, haar eggenoot van vier-en-veertig jaar, ontmoet sy op universiteit. Ná hul troue verhuis hulle Paarl toe waar sy, ondanks haar verplegingsgraad, by 'n rooskwekery begin werk.

"In dié tyd hoor ek dat 'n Engelsman van Constantia, wat 'n plaas in Dal Josafat gekoop het, iemand soek om na die opstal en tuin om te sien. Aangesien ons verblyf in daardie stadium veel te wense oorgelaat het, het ek hom dadelik genader, maar kon geensins voorsien dat hy op die koop toe wou hê dat ek ook op die plaas moes boer nie!"

Dié uitdaging pak sy egter - getrou aan haar natuur - met soveel geesdrif aan dat van die ander boere in die omgewing kort voor lank by haar kom kers opsteek vir raad.

'n Maklike paadjie was dit gewis nie. Nadat sy aanvanklik heelwat probleme ondervind het met die plaaswerkers wat geen gesag van 'n vrou wou aanvaar nie, het die volgende probleem haar in die gesig gestaar: Swak grond.

Gewapen met haar kenmerkende wilskrag en energie, het sy nie net gesorg dat goeie bemesting toegepas word nie, maar ook by die Universiteit van Stellenbosch om hulp gaan aanklop. Hier doen sy waardevolle kennis op oor onder meer grondontleding, die gebruik van die regte plantmateriaal en aanplantings.

"As jy 'n vrou is, het jy eintlik ál die voordele," korswil sy met 'n skelm glimlaggie. "Wanneer 'n probleem opduik, het ek bloot die landbouvoorligters op Wellington gebel en my penarie geskets. Só het ek ook baie waardevolle raad gekry."

Ná verskeie misoeste vind sy dat die omgewing by uitstek vir tamaties en koejawels geskik was. Kort voor lank het Eikerus met 2 000 koejawelbome gespog wat spoedig met 20 000 wingerstokke aangevul is.

"As jy my kinders vandag vra, sê hulle sekerlik vir jou hulle is op koejawels grootgemaak!" lag sy. "Dis in súlke tye dat jy swaar op die ondersteuning en aanmoediging van jou man en kinders steun."

Haar lewendige belangstelling in die natuur het meegebring dat sy verskeie kursusse gevolg het om haar beter vir haar taak toe te rus. Sy het onder meer in 1979 'n kursus in Landskapwerk - toe nog 'n onbekende, nuwe vakgebied - aan die Universiteit van Stellenbosch gevolg. Met die Versnel-gesin se gereelde vierjaarlikse besoeke aan Nederland, het sy daar gaan snuffel vir nuwe begeestering en só verskeie kursusse in dié land voltooi.

Een hiervan, wat hoofsaaklik op snoeiwerk en die oorplant van groot bome gefokus het, was besonder nuttig toe sy jare later deur die eienaars van die Rhebokskloof-wynlandgoed genader is om dié plaas se opstal- en keldertuin uit te lê.

"Dié werk was seker my grootste uitdaging nóg. Met my eerste besoek aan Rhebokskloof is ek deur 'n berg rou grond begroet waarvan die eentoningheid plek-plek deur 'n akkerboom verbreek is. Ek het dadelik besef dat dít geen maklike taak sou wees nie. Gelukkig het ek en die bestuurder van die stootskraper, wat my met die aanvanklike landskapvorming moes help, mekaar baie goed verstaan.

"Vir drie maande het ons net landskapwerk gedoen voordat ons die eerste plant in die aarde sou steek."

By die einste Rhebokskloof het sy besluit dat dertien reuse-akkerbome - wat toe reeds sowat 70 jaar oud was - verskuif moes word om 'n natuurlike ingang na die opstal te vorm. Maar selfs voor dié fomidabele taak het sy nie vir 'n oomblik geweifel nie.

Ná haar sukses op Rhebokskloof moes Dés uithaal om voor te bly. Sy is oorval deur versoeke en het haar besondere talente kort hierna op die KWV-wynlandgoed La Bori, Rhodes Fruitfarms en later op Nederburg gaan inspan.

Sy is ook die skeppende energie agter die pragtuine waarmee laasgenoemde wynlandgoed al die afgelope dekade spog wanneer die bekende Nederburg-wynveiling in April gehou word. Die afgelope sewe jaar het haar dogter Karen haar hiermee gehelp.

"Die veiling se tema word al 'n jaar vooruit bepaal. My werk is om te sorg dat die tuinuitleg by dié tema pas. Ek doen gewoonlik my uitleg se 'invulwerk' deur blomme - wat die kleurtema ondersteun - tussen die groter plante te saai.

"En dan maak ek vir nagte voor die tyd nie 'n oog toe nie," sluit sy af. As sy nie kniediep in tuingrond staan nie, geniet Dés dit om af en toe saam met vriendinne brug te speel, minstens drie weeklikse swemsessies in te werk en stap sy graag. Benewens eet- en slapenstyd word die res van haar dag deur tuinwerk in beslag geneem. Dít in ag genome, is dit nie vreemd dat haar grootste wens is dat die Liewe Vader haar eendag "met stewels en al" sal kom haal nie!

Nuttige wenke

  • Tuinwerk moet 'n plesier wees, nie 'n las nie;
  • Sonder geesdrif is niks moontlik nie;
  • Mode is beslis belangrik, maar behou jou eie identiteit;
  • Jou woning is toonaangewend. Jy kan nie kaktusse teen 'n Victoriaanse huis plant nie!
  • As 'n plant `verkeerd' is vir jou tuin, verwyder dit. Dis beter om een keer seer te kry as om vir jare met 'n probleem te sukkel.
  • Sorg vir skaal en balans;
  • Massa en ruimte is belangrike elemente vir 'n suksesvolle tuin;
  • Gebruik jou verbeelding;
  • Sorg vir 'n gevoel van diepte (dimensie);
  • Speel met tekstuur en kleur;
  • Verwyder enige onnodige/sinlose voorwerpe uit die tuin;
  • Eenvoud sal altyd in die mode wees;
  • Toegangspunte is belangrik;
  • Moenie veiligheid uit die oog verloor nie;
  • Enige tuin behoort bome te hê;
  • Bewaar die ekologie deur plante te kies wat voëls lok;
  • Gebruik so min moontlik spuitstowwe. Indien wel, gebruik dit oordeelkundig;
  • Maak jou eie kompos.

Raad vir voornemende tuiniers

As jy self nie veel van tuinmaak weet nie, kry iemand om jou te help met:

  • Uitleg;
  • Vaste strukture, soos paadjies en plaveisel;
  • Waterbakens en beligting;
  • Grondvoorbereiding;
  • Grasperke, bome en plante.

4 Oktober 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot