AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Lojale wyndrinkers bly anker vir bedryf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Suid-Afrikaners wat lief is vir hul wyn, sal nie sommer ’n glas daarvan verruil vir ’n ander alkoholiese drankie nie, maar wel vir iets sonder skop.

Dié goeie nuus kom uit die derde Vintelligence-verslag oor wynverbruik in Suid-Afrika. “Gehalte en leefstyl hou mense lojaal,” staan geskryf in die Great BIG Wine Survey oor die studie wat aanlyn van 26 Augustus tot 18 Oktober onder 7 447 deelnemers gedoen is.

Vroulike verbruikers (60% teenoor 40% mans) sorg vir die grootste verteenwoordiging onder die wyndrinkende bevolking van Suid-Afrika en verkies veral om wyn te drink as hul uiteet, by die huis ontspan of by ’n geleentheid by hul eie of vriende se huise. Hoewel mans soortgelyke voorkeure het, blyk dit uit die studie dat mans meer geneig is om by sekere sosiale geleenthede oor te skakel na bier.

Blootstelling aan wyn

Die nuutste verslag bevestig vorige bevindings van die 2021-verslag wat uitgelig het dat Suid-Afrikaanse verbruikers se blootstelling aan wyn nie gelyk is nie. “Baie verbruikers word steeds eers op ’n baie latere lewensfase aan wyn blootgestel. En al is heelwat werk reeds gedoen om sommige stigmas oor wyn uit die weg te ruim, lê daar nog ’n baie lang pad voor om wyn te bevorder,” luidens die verslag.

Hierdie soort struikelblokke skep egter geleenthede, want dit is ook tekenend dat die Suid-Afrikaanse mark vir wyn nog ver van versadig af is.

Wat pla mense van wyn?

Dis volgens die skrywers van die studie duidelik dat heelwat mense bekommerd is oor die gevolge en uitwerking wanneer hulle té veel wyn drink. Wyndrinkers in KwaZula-Natal, Limpopo en Noordwes is veral bekommerd oor die gevolge soos hoofpyne en babbelas, wat inskop nadat ’n mens te veel wyn gedrink het.

Hoewel hierdie sienswyse ’n groot probleem vir die wynbedryf skep, hou dit ook geleenthede vir innovasie in deur byvoorbeeld produkte met laer alkoholinhoud te vervaardig en kleiner verpakkings te oorweeg.

Dit gaan veral oor die smaak van wyn

Smaak is steeds die belangrikste faktor wat verbruikers se aankope dryf, gevolg deur bekendheid met die wynplaas of vervaardiger (wat ook op die handelsmerk kan dui) en derdens die kultivar van die wyn.

Die beste prys!

Waarde vir geld kraai koning as die belangrikste faktor waaroor verbruikers wonder wanneer hulle wel wyn aankoop.

Wat dié ideale prysklas egter is, hang af waar ’n verbruiker trek in sy of haar reis met wyn.

Die gewilde prysklas vir aanlyn aankope is tussen R100 en R200, met meer wyn wat bo R200 gekoop word as produkte onder R80. Die teenoorgestelde is egter die geval wanneer mense wyn in winkels koop waar die gemaklike prys onder R80 is.

Aanlyn winkels al hoe gewilder

Dit blyk aanlyn wyninkopies word die nuwe normaal met 69% meer verbruikers wat reeds aanlyn koop as vorige studies. Die meeste van diegene wat nog nie aanlyn inkope probeer het nie, oorweeg dit wel.

’n Besoek aan winkels om wyn te koop, bly egter steeds die gewildste, mits die ervaring gerieflik is en die meeste mense wat hul wyn self in winkels koop, geniet daarvan nog op dieselfde dag van aankope. 

Meng die name

Die geleentheid om ’n mengsel van verskillende wyne in ’n pakket aan te bied, is baie gewild onder aanlyn aankopers, veral as die pakkette boonop byvoorbeeld saamgestel is volgens temas, kultivars en toekennings.

Volgens die verslag bied hierdie voorkeur óók geleenthede omdat verskillende handelsmerke wat so saamgevoeg word, aan verbruikers die geleentheid gee om hul voorkeure uit te toets.

Soet of droog?

Nuwer wyndrinkers – gemeet aan waar hulle hulself op hul reis met wyn bevind – verkies soeter wyne. Die Wes-Kaap is egter die uitsondering as dit kom by die keuse tussen soet en droog. Dié provinsie is die enigste een waar verbruikers beduidend droë wyne bo soeter produkte kies.

Die studie waarsku daarteen om net aan te neem dit is meestal jonger wyndrinkers wat soeter wyne verkies, “want soos die reis vorder, groei die voorkeur na droëer wyne”, luidens die studie.

Gewildste verpakking

Die gewildste verpakking bly die 750 ml-glasbottel, hoewel alternatiewe soos bokswyne se gewildheid steeds toeneem. Dis veral die nuwer verbruikers wat onlangs ’n smaak vir wyn begin ontwikkel het, wat nie vasskop teen ander alternatiewe van glas nie en daarom selfs wyn in blikkies sal aankoop.

Die studie het ook gevind mense reageer al hoe meer gunstig teenoor sintetiese kurkproppe pleks van skroefproppe. Die meeste deelnemers verkies egter steeds dat hul wyn met natuurlike kurk geseël word. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot