
Om dit moontlik te maak het dié byeboer-organisasie met die makadamiabedryfsorganisasie Samac in vennootskap getree en daarom is makadamiabestuiwing die tema vir vanjaar se BEECON, soos wat die konferensie bekend staan.
Dr. Hannelie Human van die Universiteit van Pretoria gaan tydens die konferensies praat oor die invloed wat bestuiwing deur bye op makadamia-opbrengste het en dr. Schalk Schoeman van Samac gaan die omgewingsvriendelike bestuur van makadamiaplae bespreek.
Dr. Adriaan du Toit, voorsitter van Sabio, en twee byeboere, me. Inge Lotter en mnr. Michel Lenferna, gaan oor byvoeding vir bye en optimale bestuiwing praat.
Die eerste van die reeks “plaasdae” word op 12 Augustus by Oos-London aangebied en daarna volg besoeke aan Port Shepstone op 17 Augustus en Mtubatuba in KwaZulu-Natal op 19 Augustus. Op 24 Augustus word ’n besoek aan ’n plaas by Tzaneen beoog, en op 26 Augustus by Levubu. Die laaste besoek aan ’n plaas word vir 3 September in Mbombela in Mpumalanga beoog. Sabio se jaarvergadering word op 4 September in Mbombela gehou.
Besoek beeconsabio.org.za vir nog inligting en om te registreer. Bywoning is gratis.