
Die 14de Concours Mondial du Sauvignon-kompetisie is deur Sauvignon Blanc Suid-Afrika op Franschhoek in die Kaapse Wynland saam met die internasionale organiseerders, Concours Mondial de Bruxelles, aangebied. Dis die eerste keer dat die kompetisie in Afrika aangebied is.
’n Rekordgetal van 1 210 Sauvignon-wyne van reg oor die wêreld heen het vanjaar meegeding om die gesogte Concours Mondial du Sauvignon-medaljes. Vyftig internasionale beoordelaars het silwer en goue medaljes aan wyne van 20 lande toegeken. Die wenners is op Maandag 20 Maart by ProWein in Düsseldorf, Duitsland, aangekondig.
Suid-Afrika is goed verteenwoordig met ’n rekordgetal van byna 13% van die inskrywings. Frankryk het oorheers met 40% van die wyne wat ingeskryf is. Die internasionale trofee vir die beste versnit van Gascon-wyn is aan die Saint-Lannes Sauvignon Chardonnay van Duffour Père & Fils in Frankryk toegeken.
Suid-Afrikaanse goue medaljewenners is Almenkerk Sauvignon Blanc 2021,
- Blaauwklippen Estate Sauvignon Blanc 2022,
- Rustenberg Stellenbosch Sauvignon Blanc 2022,
- Rustenberg Wild Ferment Sauvignon Blanc 2022,
- Alvi’s Drift Reserve Sauvignon Blanc 2022,
- Groot Phesantekraal Sauvignon Blanc 2022,
- Maastricht Sauvignon Blanc 2022,
- Vrede en Lust Artisan Blanc Fumé 2020,
- Vrede en Lust Artisan Blanc Fumé 2021,
- Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2020,
- Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve 2022,
- Lomond 7 Rows Ben Nevis Sauvignon Blanc 2021,
- Darling Cellars Gustus Sauvignon Blanc 2020,
- Darling Cellars Lady Ann Darling 2021,
- Du Toitskloof Old Vine Sauvignon Blanc 2022,
- Cape Garden Cape Town Sauvignon Blanc 2021,
- Durbanville Hills The Tangram White Blend 2020,
- Durbanville Hills Cool Climate Sauvignon Blanc 2022,
- Spier Seaward Sauvignon Blanc 2022,
- Spier Good Natured Organic Sauvignon Blanc 2022,
- Spier Signature Sauvignon Blanc 2022,
- Grand Vin De Stellenbosch Sauvignon Blanc 2022,
- The Pledge Our Origin Sauvignon Blanc 2021,
- Zorgvliet Single Vineyard Sauvignon Blanc 2022,
- Villiera Bush Vine Sauvignon Blanc 2022; en
- Vergelegen Schaapenberg Sauvignon Blanc 2021.
Die Villiera Bush Vine Sauvignon Blanc 2022 deur Villiera Wines is bekroon met die Tonnellerie Sylvain-trofee. Dit word toegeken aan die wyn wat die beste in eikehoutvate verouder het. Darling Cellars se Gustus Sauvignon Blanc 2020 het die Revelation South Africa-trofee vir die beste Suid-Afrikaanse wyn op die geleentheid ontvang.
Volgens RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc SA, was die kompetisie ’n reusesukses. “Ons is baie trots op al die komplimente wat steeds vir ons land, mense en wyne instroom. Ons is vol vertroue dat dit slegs die begin is van ’n lang en vrugbare verhouding met Concours Mondial du Sauvignon. Dit was ’n plesier om met die span van Concours Mondial de Bruxelles saam te werk.”
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.