AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Misterieuse kultuswyn vir R38 000 per bottel opgeveil

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
’n Bottel van die ikoniese, en ietwat misterieuse, GS Cabernet 1966 is vir R38 000 verkoop op ’n wynveiling wat op 10 Julie deur Strauss & Co aangebied is.

Dieselfde wyn, maar uit die 1968-oesjaar, is vir R28 000 per bottel verkoop. Die GS Cabernets het by verre die hoogste pryse van enige Suid-Afrikaanse wyne op die veiling behaal.

“Ons is in die wolke! Dit wys hoeveel vertroue daar in hierdie wyne is, veral as ’n mens in ag neem dat die openingsbod R25 000 per bottel was,” sê mnr. Michael van Deventer, kurator van die ondergrondse Tabernakel-wynbiblioteek op Stellenbosch, wat die wyne verkoop het, in ’n verklaring.

Die Tabernakel het ’n hand vol historiese wyne beskikbaar gestel om onder die hamer te kom. Die geld uit die verkope sal gebruik word vir ’n projek om wyle Duimpie Bayly, die bekende wynpersoonlikheid wat verlede jaar aan ’n hartaanval oorlede is, te vereer.

Gehul in misterie

Die hoë prys wat die GS Cabernets behaal het, is deels te danke aan voorste wynkritici soos Jancis Robinson wat al by geleentheid volpunte aan dié 1966-wyn toegeken het. Daar is egter ook talle legendes oor die ontstaan van dié kultuswyn, wat moontlik die voorletters van George Spies dra. Spies was ’n danser, perderuiter en selfgeleerde wynmaker wat druiwe uit Durbanville gekoop het. Volgens gerugte het hy die wyn sonder sy base by Stellenbosch Boerewynmakery se toestemming gemaak. Daar is ook diegene wat glo die wyn is eintlik deur Phil Walker op die Durbanville-plaas Morgenster gemaak en aan Monis verkoop.

“Maar ons weet nie verseker nie. Nie eens sy dogter het sy verhouding met die wyn bevestig nie. Almal stem egter saam dis ’n toonbeeld van ’n uitstekende rooiwyn met langlewendheid,” sê Van Deventer.

Daar is ook stories dat Spies – ás hy die wyn gemaak het – dit gedoen het op dieselfde manier as wat witwyn gewoonlik gemaak word en dat dit baie min tyd op die doppe deurgebring het.

“Vir die eerste twintig jaar was die wyn geheel en al ondrinkbaar. Met verloop van tyd het dit egter ’n merkwaardige varsheid en karakter ontwikkel.”

Ander Suid-Afrikaanse wyne wat vir groot geld opgeveil is, is Chateau Libertas uit die 1940- en 1959-oesjare. Dit is vir R20 000 per bottel verkoop. Die Nederburg Auction Reserve Cabernet Sauvignon 1974 is vir R11 000 per bottel verkoop en Zonnebloem Cabernet Sauvignon 1963 het vir R14 000 onder die hamer gekom.

Ter ere van Duimpie

Bayly het sedert 1962 by Distell gewerk, waar die einste Spies ’n ruk lank sy baas was. Hy was later ’n direkteur van Stellenbosch Boerewynmakery en toe Distell. Hy het in Distell se direksie gedien tot met sy aftrede in 2013.

Bayly het ’n belangrike rol gespeel in die totstandkoming van die Tabernakel in 1979. Die idee was om die beste van die beste daar te berg, sodat Distell dit kon gebruik om sy eie wyne teen internasionale sterre te meet.

Meer inligting oor die projek ter ere van Bayly sal binnekort bekend gemaak word.

Die Tabernakel huisves sowat 12 000 van Suid-Afrika se grootste wynskatte en word beskou as ’n waardevolle historiese, wynboukundige en kulturele hulpbron. Onder die kosbare wyne tel twee halwe bottels Constantia-wyne uit 1821 en verskeie wyne uit die 1920’s.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
+0.2%
Rand - Pond
22.33
+0.4%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.11
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.5%
Platinum
966.81
+0.7%
Palladium
1,432.30
+1.1%
Goud
1,964.91
-0.5%
Silwer
23.28
-0.2%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot