AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Moeilike sitrusseisoen eindig met laer as verwagte uitvoer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
Vanjaar se sitrusseisoen sal ’n bitter smaak in Suider-Afrika se sitruskwekers se mond laat. Daar is 3,2 miljoen kartonhouers meer as verlede jaar uitgevoer, maar dit is 5,7 miljoen kartonhouers minder as verwag.

Mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die SA Sitruskwekersvereniging (SKV), sê dié syfers is ’n aanduiding van die moeilike seisoen wat kwekers agter die rug het. Volgens hom het dit nie net ’n nadelige impak op hul wins en uitvoervolumes gehad nie, maar ook die volhoubaarheid van die sitrusbedryf.

Die struikelblokke wat die bedryf hierdie seisoen moes oorkom, sluit onder meer in ’n skerp styging in insetpryse en vervoerkoste, asook astronomiese prysstygings van verskeping wat dit onmoontlik vir kwekers gemaak het om vrugte winsgewend op die mark te kry. Terselfdertyd het die Europese kommissie nuwe maatreëls vir die bekamping van valskodlingsmot in die middel van die seisoen afgekondig.

“Hierdie kwessies het gepaardgegaan met die voortdurende agteruitgang van openbare infrastruktuur soos paaie, spoorweë en hawens, onreëlmatige kragvoorsiening en ’n afname in reële uitvoerpryse,” sê Chadwick. “Dit beteken dat sitrusprodusente se reeds knap marges verder gedruk is tot op die punt waar slegs een uit elke vyf plase waarskynlik hierdie seisoen winsgewend sal wees.”

Volgens mnr. Hannes de Waal, uitvoerende hoof van die SKV, was die staking aan die begin van die seisoen in die Sondagsriviervallei ’n groot slag vir die bedryf met vier spitsverkoopsweke wat verlore gaan het. Toe die vrugte uiteindelik die markte bereik het, was daar ’n ooraanbod.

Buite boere se beheer

Hy waarsku dat die faktore soos verskepingskoste en ander insetkoste wat Suid-Afrikaanse boere seermaak, buite hul beheer is. Boerderye moet tans die grootste las dra binne die verskaffingsketting.

“As die koste in die verskaffingsketting nie gaan afkom nie, gaan die bedryf vinnig kleiner word.”

Hy sê boerderye se beleid is normaalweg om een jaar se vrye kontantvloei vir ’n moeilike jaar te hou, maar dit is vanjaar die eerste keer sedert deregulering dat die sitrusbedryf twee agtereenvolgende moeilike jare gehad het.

“ ’n Derde jaar gaan ’n duidelike uitwerking op die bedryf hê. In die Sondagsriviervallei kry boerdery tans swaar, en boere het gevolglik opgehou om nuwe boorde te vestig, met weinig nuwe projekte in die vooruitsig. Die groei in die bedryf wat die afgelope paar jaar gesien is, kom nou tot ’n halt.”

Terwyl daar matige groei in die verpakking en uitvoer van vrugte vergeleke met verlede jaar was, is die finale syfers laer as wat aan die begin van die seisoen in Maart voorspel is. Vanjaar is 31,8 miljoen kartonhouers mandaryne vir die uitvoermark verpak. Dit is 900 000 kartonhouers meer as verlede jaar, maar 2,7 miljoen minder as verwag.

Dalende uitvoervolume

Die uitvoervolume van sommige soorte sitrus het gedaal. Vanjaar is 16,7 miljoen kartonhouers pomelo’s vir uitvoer verpak, 800 000 minder as die vorige jaar. Daar was ook ’n afname in die hoeveelheid valencia-lemoene wat vir die uitvoermark verpak is – 53,8 miljoen kartonhouers vanjaar vergeleke met 55 miljoen verlede jaar.

Suurlemoene het egter uitgeblink met 34,7 miljoen kartonhouers wat vir die uitvoermark verpak is – 3,6 miljoen meer as verlede jaar en 2,4 miljoen meer as verwag. Daar is vanjaar ook 27,8 miljoen kartonhouers nawel-lemoene vir uitvoer verpak, 600 000 kartonhouers meer as verlede jaar. Dit was egter 900 000 minder as die 28,7 miljoen wat aan die seisoen voorspel is.

“Die afname in die hoeveelheid vrugte wat hierdie seisoen verskeep is, is veral kommerwekkend gegewe die huidige voorspelling dat die hoeveelheid vrugte wat geproduseer en vir uitvoer beskikbaar sal wees, vir die volgende dekade sal aanhou om teen 10 miljoenkartonhouers per jaar te groei. Oor vyf jaar sal Suid-Afrika dus 200 miljoen kartonhouers sitrusvrugte produseer en oor tien jaar 260 miljoen.

“Dit beteken dat die bedryf moontlik ’n verdere 100 000 werksgeleenthede kan steun en ’n bykomende R20 miljard in jaarlikse inkomste kan genereer. Die bedryf sal dus 240 000 werksgeleenthede en R50 miljard in inkomste bied, indien belangrike markte en logistieke infrastruktuur gewaarborg en geoptimaliseer word om hierdie groei te absorbeer.”

Doelwitte vir 2023-seisoen

Chadwick sê die SKV sal aanhou om saam met die regering te werk ten einde soveel geleenthede vir marktoegang as moontlik te benut. Daar word veral gehoop om marktoegang tot Amerika, Indië, China, Japan, Viëtnam en die Filippyne volgende jaar uit te brei.

’n Voorrangsaak is om sitrusprodusente se astronomiese kostestygings aan te pak. Die aansienlike styging in verskepingskoste, wat die afgelope twee jaar met 150% toegeneem het, het ’n aansienlike impak op produsente se winsmarges en die volhoubaarheid van hul ondernemings gehad.

Volgens De Waal is die hoër insetkoste ’n probleem vir alle sitrusproduserende lande in die Suidelike Halfrond. Chili is selfs erger as Suid-Afrika getref.

Die SKV het as gevolg hiervan met ’n projek begin om vas te stel watter strukturele veranderinge met verskeping gemaak kan word om vragkoste in te perk en dienslewering te verbeter.

Chadwick meen die nuwe EU-regulasies vir die bekamping van valskodlingsmot is ’n ernstige bedryging vir die bedryf se volhoubaarheid. Dit is volgens hom ook heeltemal onnodig aangesien Suid-Afrika reeds doeltreffende risikobestuurstelsels handhaaf.

“Die SKV sal daarom aanhou om die departement van handel, nywerheid en mededinging, asook die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se dispuut by die Wêreldhandelsorganisasie te steun. Ons hoop dat die proses ’n oplossing sal bied wat vir almal betrokke aanvaarbaar sal wees.”

Hoewel dienslewering by Suid-Afrikaanse hawens danksy ingrypings deur Transnet op kort termyn gedurende vanjaar se seisoen verbeter het, verwag Chadwick dat die verwagte toename in vraghouers wat oor die volgende paar jaar vanaf Suid-Afrika verskeep sal word, heelwat druk op hawens sal plaas – veral as voortdurende kwessies rondom infrastruktuur en bedryfskwessies nie opgelos word nie.

“Terwyl hierdie seisoen se probleme sitruskwekers se winsmarges onder druk geplaas het en die toekomstige winsgewendheid en volhoubaarheid van die bedryf bedreig, hoop die SKV om saam met die regering en ander vennote in die waardeketting te werk sodat die bedryf nie net op kort termyn oorleef nie, maar die grootste plaaslike landbou-uitvoerder en -indiensnemer bly.”

Sterk bedryf

De Waal sê die bedryf is ondanks al die probleme steeds baie sterk. Daar is goeie samewerking tussen die kwekers- en navorsingsvereniging en daar word hard gewerk om die probleme te oorkom.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
+1.5%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.95
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
985.62
+1.8%
Palladium
1,470.98
+1.6%
Goud
1,979.72
+0.8%
Silwer
23.81
+2.0%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Staan op met n lied in jou hart
Sag-geaard van nature, maar tog ferm en doelgerig. My ja is my ja en my nee is my nee, use it, don't use it. Ek kan ure aaneen na jou luister en jou geselskap geniet, en...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot