AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Moeilike uitvoerseisoen kniehalter nie sitrusbedryf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vrugte-uitvoerders van die Suidelike Halfrond is optimisties oor die toekoms van die bedryf, maar beskou droogte en vloede, die stygende koste van landbou-insette en regeringsbeleid in sekere lande as groot probleme. Foto: Amelia Genis
Vrugte-uitvoerders van die Suidelike Halfrond is optimisties oor die toekoms van die bedryf, maar beskou droogte en vloede, die stygende koste van landbou-insette en regeringsbeleid in sekere lande as groot probleme. Foto: Amelia Genis
Ten spyte van hoë verskepingskoste en skielike handelsbeperkings het die plaaslike sitrusbedryf daarin geslaag om sy uitvoervolume vir vanjaar se seisoen te laat groei.

Tot dusver is 133 miljoen 15 kg-kartonhouers sitrusvrugte verpak en verskeep na markte wêreldwyd. Op die ooreenstemmende tydstip verlede jaar is 117 miljoen kartonhouers verpak en verskeep weens die onluste in KwaZulu-Natal en die kuberaanval op Transnet. Albei het ’n groot impak op uitvoerbedrywighede by Durbanhawe gedurende die sitrusbedryf se besigste uitvoertydperk gehad.

Mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SKV), sê daar word beraam dat 167,2 miljoen kartonhouers teen die einde van vanjaar se sitrusseisoen verskeep sal word. Dit is 3,3 miljoen minder as wat aan die begin van die seisoen geskat is. “Terwyl hierdie getal groei in die sitrusbedryf se uitvoervolume toon vergeleke met verlede jaar s’n, weerspieël dit nie die feit dat dit vir sitruskwekers een van die moeilikste uitvoerseisoene tot dusver was nie.

“ ’n Perfekte storm het ons bedryf, soos talle ander in die landbousektor, getref weens ’n toename in produksie, maar minder marktoegang, asook stygende insetpryse, openbare infrastruktuur soos paaie wat verbrokkel, wisselvallige kragvoorraad, astronomiese verskepingskoste en ’n verwoestende afname in reële uitvoerpryse.”

As gevolg hiervan het meeste plaaslike sitruskwekers vanjaar ’n verlies gely. Chadwick sê kenners meen dat minder as 20% van die sitruskwekers waarskynlik die gelykspeelpunt teen die einde van vanjaar se seisoen sal bereik. “Dit is ’n groot bedreiging vir die volhoubaarheid en winsgewendheid van die sitrusbedryf.”

Volgens hom is die bedryf se ernstigste probleem, en die kwessie wat die grootste impak op hul wins het, die prysstygings van verskeie insette weens die covid-19-pandemie en die oorlog tussen Rusland en Oekraïne. “Insetkoste was al vorige jare ’n probleem, maar die oorsese konflik het hierdie neiging vanjaar vererger. Kunsmispryse het vanaf 2020 tot 2021 met 56% toegeneem en brandstofpryse met 53%.”

Hierdie probleme is vererger deur die onlangse “onregverdige en diskriminerende” maatreëls vir die bekamping van valskodlingsmot wat die Europese kommissie inderhaas vroeër vanjaar goedgekeur het. Dit skryf spesifieke kouebehandelingsprotokolle aan sitrusuitvoerders in Afrika voor. Die plaaslike bedryf het weens dié nuwe maatreëls ’n verlies van meer as R200 miljoen gely.

“Die langtermyntoepassing van die nuwe regulasies vir valskodlingsmot is ’n ernstige bedreiging vir die bedryf. Daarom is die konsultasieproses wat die departement van handel, nywerheid en mededinging met die Wêreldhandelsorganisasie begin het, so belangrik,” sê Chadwick.

“Ons hou vol dat die kouebehandeling wat in die nuwe regulasies voorgeskryf word, nie strook met wetenskaplike bewyse nie. Dit maak die regulasies ’n arbitrêre en onnodig handelsbeperking wat nie ooreenstem met internasionale vereistes vir sulke fitosanitêre handelsregulasies nie.”

Hy meen dat die volhoubaarheid van die plaaslike sitrusbedryf en duisende werksgeleenthede in die hek sal duik indien die nodige intervensies nie plaasvind nie.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot