AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Nasate van plaaswerkers open wynkelder in Franschhoek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links na regs is mnre. Rodney Zimba, wynmaker by Klein Goederust, Johan Viljoen, Klein Goederust se wingerdboukundige, en Paul Siguqa, eienaar en uitvoerende hoof van Klein Goederust.
Van links na regs is mnre. Rodney Zimba, wynmaker by Klein Goederust, Johan Viljoen, Klein Goederust se wingerdboukundige, en Paul Siguqa, eienaar en uitvoerende hoof van Klein Goederust.
Die nasate van plaaswerkers het verlede week die eerste en enigste wynkelder wat volkome in swart besit is in Franschhoek geopen.

Die 116 jaar oue plaas Klein Goederust in Franschhoek is sedert die begin van Desember amptelik die tuiste van die eerste en enigste wynkelder volkome in swart besit in Suid-Afrika. Nasate van plaaswerkers het dié plaas gekoop met geld wat oor jare deur die seun van ’n plaaswerker gespaar is.

Mnr. Paul Siguqa, eienaar en uitvoerende hoof van dié plaas van 10 ha, het dit in 2019 gekoop toe dit in ’n erg vervalle toestand was. Die afgelope drie jaar het hy gekonsentreer op grondontledings, regstelling en die aanplant van nuwe wingerdstokke. Die staat het hom gehelp deur die skenking van ’n trekker en besproeiingstelsel. Hy het ook historiese geboue op die plaas opgeknap.

Hy vertel hy wil die narratief verander dat kinders van plaaswerkers verdoem is tot werk op ’n plaas in wit besit en nooit werklik deel van die landbousektor kan word nie.

Omliggende plase het reeds die opening van die wynkelder verwelkom en aangebied om Siguqa by te staan.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het verlede week luidens ’n verklaring gesê die opening van die proelokaal en restaurant by Klein Goederust getuig van die regering se pogings om billike toegang en deelname van swart mense aan die wynwaardeketting en -bedryf te verseker.

Didiza het ook gesê dat die opening van Klein Goederust ’n opbouende bydrae tot die wyn- en toerismebedryf in Franschhoek en die Wes-Kaap sal lewer.

Hulp van die staat

Intussen het dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, onlangs die plaas besoek om ’n trekker en besproeiingstelsel as deel van die Wes-Kaapse regering se landbou-ondersteuningsprogram aan Siguqa te oorhandig. Dié program verleen hulp aan plase wat finansiële ondersteuning nodig het.

Volgens mnr. Daniel Johnson, woordvoerder van Meyer, het Siguqa Klein Goederust in ’n winsgewende besigheid omskep. “Die besigheid vaar baie goed en doen moeite om die beste raad te kry vir enige toekomsplanne. Die resultate tot dusver toon hoe belangrik dit is om behoorlik te beplan voor ’n mens ’n suksesvolle besigheid kan begin.”

Die plaas kry verdere voorligtingsraad deur die provinsiale program vir die ondersteuning en ontwikkeling van landbouprodusente. Volgens Johnson het verteenwoordigers van hierdie program saam met Siguqa gewerk om seker te maak dat hy vir die regte ondersteuningsprogram aansoek doen. “Die departement het Kleine Goederust se aansoek om toerusting soos die trekker en besproeiingstelsel goedgekeur omdat die tipe toerusting die produksiebasis van ’n plaas vorm en dus prioriteit geniet,” sê Johnson.

Kleine Goederust het 17 nuwe werksgeleenthede in die distrik Franschhoek geskep.

Meyer het dié nuus verwelkom en bygevoeg dat werkskepping en ekonomiese groei ’n prioriteit vir die provinsie is. “Indiensneming in die Wes-Kaapse landbousektor het in die derde kwart van 2021 met 44,3% teenoor die vorige jaar gegroei, volgens die Suid-Afrikaanse kwartaallikse arbeidsmagopname.”

Die plaas werk tans saam met landbou- en besigheidkundiges om die sukses en volhoubaarheid daarvan te verseker.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
'n Vrou met vele talente...
Ek is 'n enkel Mamma wat daarvan hou om kreatief te wees. Ek is lief vir die Here! Ek hou van golf (huidiglik begin speel), hekel, puzzles bou, liedjies te skryf, musiek te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot