
Die nuutste skatting staan op 54 147 ton droë, ongedopte neute, net 11% meer as in 2020.
Teen blomtyd verlede jaar het die oes baie belowend gelyk, maar die meeste produksiestreke het ’n baie nat seisoen beleef wat die blomme vatbaar gemaak het vir roes.
Die kultivar Beaumont is besonder swaar getref deur roes met swakker opbrengste in veral die Nelspruit-omgewing en teen KwaZulu-Natal se Noordkus.
Die tropiese sikloon Eloise wat die land vroeër vanjaar getref het, het waarskynlik ook bygedra tot ongewone besmetting met Tortricidae-motte.
Kultivars soos 816, 788 en ander basterspesies is veral swaar getref. In 2019 het Suid-Afrika 59 050 ton makadamianeute geoes.