AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Natuurlike predatore bied volhoubare oplossing vir wingerdplae

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Anagyrus vladimiri is die voordelige wesp wat die algemeenste vir die bekamping van witluis gebruik word. Foto: Verskaf
Anagyrus vladimiri is die voordelige wesp wat die algemeenste vir die bekamping van witluis gebruik word. Foto: Verskaf
Die benutting van natuurlike predatore om plae, veral witluis, in wingerde te bekamp, bied aan wynprodusente ’n volhoubare, doeltreffende oplossing.

Die benutting van natuurlike predatore om plae, veral witluis, in wingerde te bekamp, bied aan wynprodusente ’n volhoubare oplossing wat nie net doeltreffend is nie, maar hulle ook minder afhanklik van chemiese insekdoders sal maak, sê mnr. Brahm Jonker, hoofbestuurder en tegniese adviseur by fieldBUGS, ’n onderneming wat in biologiese plaagbestryding spesialiseer.

Volgens hom gebruik hul 240 kliënte, tans meestal wyndruif-, tafeldruif- en sitrusprodusente, die predatore vir sekere gedeeltes van die gewas se siklus of slegs vir sekere plae. Hy sê nog voordele hiervan is dat produsente chemiese weerstand teen insekdoders uitstel, en dat geen opbou van chemiese stowwe in vrugte of plante plaasvind nie. Dit is ook goedkoper op lang termyn en het geen impak op die omgewing nie.

Die nadele is egter dat predatore nie altyd op die plaas sal bly nie en kan vrek wanneer daar nie meer plae is vir hulle om aan te val nie. “Chemiese stowwe hou ook net ’n dag of sewe. Nie een van dié twee opsies bied dus ’n permanente oplossing nie.” Daarom moet die benutting van natuurlike predatore deel van ’n geïntegreerde plaagbestuurstelsel vorm.

Volgens Jonker sal die praktyk die beste werk op plase waar min of geen algemene insekdoders gebruik word nie, waar ’n produsent bewustelik wil wegbeweeg van rooibandgifstowwe soos organofosfate waarvoor verbruikers en markte in elk geval baie gevoelig is.

Die predatore is doeltreffend by verskeie gewasse aangesien hulle konsentreer op ’n sekere plaag. Plae wat op verskeie gewasse kan voorkom, is onder meer blaaspootjies, dopluis, witluis en rooispinmyt.

Jonker sê dit is belangrik dat boere in gedagte moet hou dat hierdie benadering tot plaagbestuur eerder ’n langtermynoplossing is as ’n kitsoplossing. “Dit is maklik om gif te spuit. Dit verg noukeuriger bestuur om natuurlike predatore te gebruik.”

Volgens hom sal dit slegs in noodgevalle nodig wees om insekdoders te gebruik. “Gee die biologie kans om te werk. Geduld is soms nodig, veral as produsente nog nie hierdie praktyk ken nie.”

Witluis, die algemeenste plaag wat in wingerde voorkom, kan volgens hom baie suksesvol deur natuurlike predatore bekamp word. Anagyrus vladimiri is die voordelige wesp wat die algemeenste gebruik word. Die wesp lê haar eier binne in die tweede, derde en volwasse stadiums van witluiswyfies, vanwaar ’n nuwe wesp ongeveer agt dae later sal uitbroei.

Coccidoxenoides perminutus word ook al baie lank in Suid-Afrika gebruik, veral in kombinasie met Anagyrus. Die wesp lê haar eiertjies in die eerste instar witluise.

Nephus kamburovi is ’n kewer wat fieldBUGS gebruik waar witluisspesies voorkom wat Anagyrus en Perminutus nie parasiteer nie. Nephus vreet die jonger stadiums van witluise.

Cryptolaemus montrouzieri is ook ’n kewer wat gebruik word waar witluisdruk baie hoog is. Die kewer is baie doeltreffend om groot witluisbevolkings te bekamp. Jonker sê fieldBUGS verwys na dié kewer as hul “fire fighter”.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.28
-0.6%
Rand - Pond
21.22
-0.9%
Rand - Euro
18.25
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,799.04
+0.5%
Silwer
23.14
+0.3%
Palladium
1,931.50
+0.1%
Platinum
1,009.50
0.0%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,816
+0.8%
Alle aandele
75,001
+0.7%
Hulpbronne 10
73,928
+0.2%
Industriële 25
93,085
+1.5%
Finansiële 15
15,520
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Soek ñ maat
Ek is ñ gemaklike persoon. Hou van humor. Soek niks ingewikkeld nie . Ek hou van oefen, gym bietjie en stap graag . Lekker om saam met vriende te kuier. En Wil saam dinge down.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot