AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Navorsing oor draakvrug ontsluit SA mark

akkreditasie
Ná meer as tien jaar in die draakvrugbedryf het me. Jackye Riddle al ’n paar lesse oor die eksotiese draakvrug geleer. Sy woeker onverpoos om dié eksotiese vrug aan Oos-Kapenaars en die Suid-Afrikaanse verbruiker bekend te stel.

Boerdery was nie ’n waarskynlikheid nadat me. Jackye Riddle en haar ingenieursman, Stuart, hulle ná aftrede op ’n plaas naby Patensie gevestig het nie. Jackye, wat voorheen met bye geboer het, kon egter nie stilsit nie, “want die vallei is so vrugbaar en alles groei so lekker.” (Sien ook “Met heuning sprei sy haar vlerke wyd”, LBW, 17 Julie 2008.)

Sy het op die draakvrug afgekom ná haar man die Maleisiese Grand Prix bygewoon het en begin navorsing doen. “Ek het besef daar is ’n geleentheid vir Suid-Afrika om buite die Noordelike Halfrond se produksieseisoen in die groot vraag in China te voorsien. Dit is tans Viëtnam se hoofuitvoerproduk na China.”

’n Ou nartjieboord moes vervang word en hulle het besluit om ’n draakvrugboord daar te vestig. Aanvanklik wou sy plante uit Amerika invoer, maar rompslomp het dit gekelder en sy het haar eerste plantmateriaal van Australië gekry. Die kaktus-rankplant kom van Mexiko en Sentraal-Amerika, maar is veral in Asië gewild.

Met die aanvanklike aankope het sy op sewe kultivars besluit. Weens die burokratiese rompslomp was die plante egter langer in bokse. “Van die plante moes gemuteer het, dalk weens die stres, want ek het beslis meer kultivars gekry as wat ek bestel het.” Riddle kon vyf jaar later steggies van die vyf smaaklikse kultivars uit Amerika kry.

Die draakvrug is ’n rankplant wat natuurlik groei in woude en kan só groot groei dat dit groot bome kan aftrek.

Groot bydrae deur navorsing

Tien jaar gelede het dit R200 per steggie gekos. Om tans goeie gehalte, produktiewe steggies van betroubare kwekers te kry, kos van R350 tot R3 500 na gelang van die skaarsheid. Tans het sy 39 kultivars – 22 wat vrugte dra en 17 wat binnekort uit potte in die boord oorgeplant moet word en oor drie jaar sal begin vrugte dra. “Uiteindelik wil ek 150 kultivars aanplant om navorsing oor elkeen te kan doen.”

Regulering in die bedryf is skraps, en deur die navorsing wil sy ’n katalogus opstel met presiese naamgewing, eienskappe soos soetheid, produksie, doringformasie, blomvorming en selfbestuiwing sodat boere die verskillende kulivars deeglik van mekaar kan onderskei. “Ek wil kultivars kweek wat goed smaak. Die een probleem met kultivars wat beter smaak, is dat die bestuiwing nie goed werk nie.”

Kultivars wat makliker bestuif, het volgens haar meestal nie die regte smaakfaktor nie. Die Viëtnamese en Asiese kulivars se produksie is hoog, maar dit is nie soet nie. “En dit kan die Suid-Afrikaanse mark skade berokken,” sê Riddle.

Daarom spits sy eerder haar boerdery toe op ’n kwekery wat slegs soet kultivars verkoop, toerisme en die plaaslike mark. “Weens die klowe en tekort aan plat terrein kan ek in elk geval nie meer as 30 ha vestig om aan die oorsese mark te kan lewer nie.”

Sy wil graag haar kennis deur konsultasie aan kwekers oordra, en konsulteer reeds aan ’n boer wat ’n boord in die Wes-Kaap wil vestig.

Jong blomme aan die bome.

Belowende kultivar

Inligting is maar skraps, en sy moes mettertyd vasstel wat die plante se bemestings- en waterbehoeftes is om die regte grootte vrugte te produseer. “Daar was ook geen inligting oor produksie, smaak of die plante se hoeveelheid blomme nie.”

Elke kultivars het sy eie kwessies wat bestuiwing, hitte- en kouegevoeligheid, produksie en smaak betref. “Ek weet nou hoeveel organiese bemesting nodig is om die regte grootte vrugte van 400 g tot 600 g te lewer wat geskik is vir die plaaslike mark.”

Aanvanklik het sy soms vrugte van tot 1,6 kg gekry wat nie in Suid-Afrika winkels verkoop het nie, maar dit is wel gesog op die plaaslike Chinese mark. Sy het intussen haar eie kultivars begin kweek, en is in die proses om van die smaaklikse kultivars te registreer. Die een kultivar, Alex, wat sy na een van haar werkers genoem het, staan uit wat smaak en kleur betref. Sy moet egter nog meer leer oor die plant se produksie.

Die Riddles het tans vier heeltydse werkers. In die spitstyd, wanneer tot 15 ton vrugte per week geoes moet word, stel sy 15 tydelike plukkers en 15 pakkers aan. “Omdat ek vanjaar die plaas oopgestel het aan besoekers, was minder bykomende werkers nodig.”

Riddle se draakvrugboerdery strek oor ’n 4 ha-gebied waar sy beoog om ongeveer 100 verskillende kultivars aan te plant.
Omdat Riddle ’n verskeidenheid kultivars het wat op verskillende tye vrug dra, kan sy reg deur die produksieseisoen oes.

Organies: voordele en Struikelblokke

Die Riddles se boerdery is organies, en dit was uiteindelik voordelig vir die probleme wat bestuiwing bring. Die blomme is die eerste drie jaar met die hand bestuif, waarna die insekte en ander bestuiwers die werk begin oorneem het. “Ons moes twintig mense aanstel om die blomme saans met die hand te bestuif. Dit was aanvanklik ’n wonderlike ervaring met die liggies op elkeen se kop, maar later was die motte orals en jy kon nie jou oë, mond of ore oopmaak nie.”

Plaagprobleme word met die hand verwyder of uitgesny. Antraknose en phytophthora is knelpunte en daar is verskeie problematiese bakterieë en swamme omdat die plante hoër humiditeit verkies. Sy het al probleme gehad met slakke, wat vermoedelik saam met strooi ingekom het wat as deklaag gebruik is. “Ons het per ry seker 15 kg tot 20 kg per dag verwyder.”

Die vrugte waaroor die slakke seil, raak uiteindelik grys en verloor hul helderpienk kleur. “En as jy een insek sien, is daar nog.”

Ná ’n Argentynse motplaag vyf jaar gelede die boord ingevaar het, het sy amper geglo haar draakvrugboerdery is daarmee heen. Dié wurm word reg oor die wêreld gebruik om kaktusindringers te beheer. “Dié plaag is nou in bedwang, maar ons moes al 25 swartsakke vol wurms met die hand verwyder.”

Sy wil eksperimenteer met ganse en eende vir die verwydering van die slakke en onkruid. Draakvrugplante blom in siklusse oor ’n tydperk wat ’n “flush” genoem word, en dit kan wissel van drie of meer siklusse in ’n seisoen. Vrugte in die eerste vlaag is gewoonlik minder en kleiner as die volgende vlae.

Omdat sy ’n verskeidenheid kultivars het en die tydperk tussen die hoeveelheid vlae per kultivar verskil, produseer sy reg deur die seisoen vrugte, buiten ’n kort venstertydperk van twee weke. ’n Struikelblok met die kweek van draakvrugte is dat een kultivar vrugte vir omtrent tien dae elke vier tot ses weke produseer.

Die piek-en-trogsiklus maak dit moeilik vir kleinhandelaars aangesien hulle die vrugte deurlopend wil verkoop. “Ek is dus gelukkig om verskillende kultivars te hê wat deurlopend vrugte lewer. Met slegs een kultivar sou ek tonne vrugte oor een tot twee weke van die siklus produseer, en geen vrugte die res van die tyd nie.”

Weens ’n tekort aan spasie lewer sy egter nie genoeg vrugte vir uitvoer nie.

Me. Jackye Riddle

Groot potensiaal

Volgens Riddle is die mark vir draakvrugte in China enorm en ’n groot geleentheid vir Suid-Afrikaanse boere. “Die kapitaaluitleg is egter groot, en as boere boonop skadunet opsit om die uitpakpersentasie te verhoog, raak dit reusagtig. “As ek kon, sou ek die hele plaas onder draakvrugte sit, want China sou alles inneem.”

Sy verduidelik dat die Chinese omtrent ’n halwe vrug met elke maaltyd eet. Hulle eet dit nie noodwendig vir sy smaak nie, maar vanweë sy gesondheidsvoordele, onder meer vir beter spysvertering. Om die vrug plaaslik te verkoop bly ’n probleem. “Suid-Afrikaners ken nie die vrug nie en vind dit duur.”

Sy het vanjaar begin om die boord oor naweke oop te stel sodat mense self vrugte kan pluk en die vrugte van nader leer ken. “Hulle vertel ander daarvan en die vrugte begin ál bekender raak in die Oos-Kaap. Hulle kom vir die ervaring en as hulle daarvan hou, sal hulle dit in die winkel koop.”

Sy verkoop tans haar vrugte aan Spar en Food Lover’s. ’n Plaaslike padstal gebruik ook van die vrugte in kosvoorbereiding.

Die skerp dorings kan ook booswigte buite hou.

Vestigingskoste

Om die boord te vestig was ’n groot kapitaaluitleg van sowat R500 000. Die draakvrug is ’n swaar rankplant en benodig duur betonstutte. Soms raak die plante te swaar en val om, maar dit bly die gewildste aanplantingsmetode.

Sy het aanvanklik ’n duurder prieelstelsel gevestig, wat nie probleme het nie. Daar is tans ongeveer 3 500 plante met vier om elke betonpaal. “Hoewel duur, wou ons dit van meet af aan deeglik doen omdat die plante baie oud kan raak.”

Sy het met die jare kultivars met minder smaaklike vrugte uitgehaal. “Ek wil nie iets produseer wat tot nadeel vir die mark is of mense afskrik van die vrug nie.” Slegs vrugte wat bo 17 °Brix meet, word verkoop. Dit het haar al sowat R200 000 gekos om minder ideale plante te vernietig. “Dit is hoe belangrik dit vir my is.”

Onder ideale klimaatsomstandighede en sonder plaagprobleme is 20 tot 25 ton per hektaar moontlik. “Dit is egter makliker gesê as gedaan. Die streek het sedert die begin van die jaar hoër reënval én uitermate hoë temperature gemeet. Weens die hittestres het die vrugte se skil begin krimp en die vrugte begin bars.”

Swamgroei in sulke omstandighede lei ook tot verdere vrugverliese. “Indien jy al die faktore moet bestuur, raak dit duur, want saam met die hoë kapitaaluitleg sal jy nie sommer meer as 20 t/ha oes nie.”

Boorde met oop spasies waar sy minder gewenste kultivars uitgehaal het.

Temperatuurkwessies

Patensie kan bitter warm én koud raak, en Riddle het danksy ’n Australiese kenner ’n organiese chemiese mengsel ontwikkel wat sy aan die bome spuit vir beter gehardheid.

Vir die hitte gebruik sy sproeiers wat hang, wat nie net die plante van water voorsien nie, maar ook die lugtemperatuur afkoel wanneer die temperatuur bo 35 °C styg, wat veroorsaak dat blomme bo ’n sekere grootte afval. Sy gebruik ook vogmeters en besproei volgens die plante se behoeftes.

Riddle se raad aan boere wat die bedryf betree, is om seker te maak hulle koop die regte plantmateriaal aan, wat nie te jonk is nie en aangepas is vir Suid-Afrikaanse toestande. “Maak seker jy koop kultivars wat smaaklik is, en plant tweedens verskillende kultivars sodat jy voortdurend aan die mark kan verskaf.”

Steggies moet minstens 400 cm lank en van 12 tot 18 maande oud wees. “Iemand wat die draakvrug aanpak, hou van probleemoplossing en moet voorbereid wees dat die plante anders kan reageer as verwag. Maar as jy jouself oopstel vir uitvoer, glo ek jou kop is deur.” Navrae: Sel: 042 283 0892 of 067 776 8190 (slegs WhatsApp); web: www.facebook.com/thedragonfruitfarm

Sy gebruik betonpilare as stutte om die swaar rankplant te ondersteun, en plant vier plante om ’n paal.

Produkontwikkeling: Van konfyt tot wyn

Die vrug bied verskeie opsies vir waardetoevoeging – en dit wissel van vriesdroging, normale droog of benutting in konfyt, blatjang of souse. Riddle verkoop ook geskilde bevrore vrugte in blokkies vir smoothies. “Die draakvrug reageer egter anders op verwerking as ander vrugte.”

Die stroop wat agterbly met die konfytkokery word met balsamiese asyn gemeng as slaaisous. Van die skuim wat vorm uit die konfytkokery, word as ’n soort “fluff” verkoop, wat baie gewild is. Sy het een jaar wyn in glasbottels gemaak, “wat fantasties gesmaak het”. Toe sy dit ’n tweede jaar op groter skaal in plastiekbottels gemaak het, het die wyn suur uitgekom, maar kon as asyn gebruik word.

Sy is ook ’n byeboer en die draakvrugheuning verkoop vinnig uit. Sy hou 20 korwe aan vir die bestuiwing van die vrugte. “Die heuning is baie soet en dit lyk asof die bye van die vrugsap gebruik om heuning te maak pleks van die nektar van die blomme.”

Sy ontwikkel ook tans asyn, tee van die wortels, sjampoe en ’n velverligterseep. Die bome is ook ’n uitstekende afskrikmiddel teen diefstal. “ ’n Kleinskaalse avokadoboer het my al genader vir ’n kultivar met die langste dorings, want die bosse maak die beste omheinings – niemand sal dit wil knip of daardeur wil klim nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.17
-0.9%
Rand - Pond
20.72
-0.3%
Rand - Euro
17.88
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Opsoek na nuwe avonture
Ek is spontaan en iemand wat nie bang is om die lewe ten volle te geniet nie. Is 'n verantwoordelike mens en stel ander se belange altyd op die hart. Is baie lief vir kos...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot