Kaapse navorsers is besig om die waterbehoeftes van Japannese hoëproduksie-pruimboorde te bestudeer, asook hoe dit met verloop van verskillende groeifases wissel.
Hulle bekyk ook hoe die beskikbaarheid van water al dan nie opbrengs en gehalte beïnvloed. Baie min inligting is plaaslik en internasionaal oor dié onderwerp beskikbaar.
Die meeste verwante studies kom uit Spanje, sê die studieleier, prof. Nebo Jovanovic van die departement aardwetenskappe en die instituut vir waterstudies aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK). “Pruimproduksie is heeltemal van besproeiing afhanklik.”