Meer as ’n dekade nadat die eerste snoeikompetisie in die wynbedryf aangebied is, het die opleidingsgeleenthede in dié spesialisvaardigheid toegeneem.
Buiten ’n intervarsity tussen die Universiteit Stellenbosch, Elsenburg-landbou-opleidingsinstituut en die Kaapstadse Universiteit van Tegnologie, het skoliere van die Hoër Landbouskool Boland en Augsburg-landbougimnasium vanjaar aan die eerste landbou-interskole-snoeikompetisie deelgeneem.
Volgens mnr. Gys Liebenberg, besturende direkteur van Felco, het die snoeikompetisies elke jaar meer belangstelling gelok.