AFGRI
BEAN
31 Jan
-
9862,2
149,20
CORN
31 Jan
-
4655
45,00
SOYA
31 Jan
-
9425
-4,00
SUNS
31 Jan
-
11029,8
-192,20
WEAT
31 Jan
-
6782
51,00
WMAZ
31 Jan
-
4430,2
-51,80
YMAZ
31 Jan
-
4553
-52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Nuwe tamatiekultivars vindingryk ge

Daar is uitstekende nuwe tamatiekultivars beskikbaar, veral vir kweekhuisproduksie. Dít is die bevinding van die Assosiasie vir Intensiewe Plantproduksie.

Daar is uitstekende nuwe tamatiekultivars beskikbaar, veral vir

kweekhuisproduksie. Dít is die bevinding van die Assosiasie vir Intensiewe

Plantproduksie.

Goeie opbrengste, baie min klein en misvormde vrugte en 'n goeie raklewe is gevind by alle tamatiekultivars wat deur die Assosiasie vir Intensiewe Plantproduksie (AIPP) op die Universiteit van Stellenbosch se proefplaas Welgevallen, buite Stellenbosch, vir saadverspreidingsmaatskappye geëvalueer is.

Volgens mnr. Petrus Langenhoven, bestuurder van die AIPP, is 36 kultivars van September 2002 tot Januarie 2003 vir 10 saadverspreidingsmaatskappye getoets. Sewe van dié kultivars het 'n bemarkbare opbrengs van meer as 9 kg per plant (22,5 kg/m2) gelewer en 29 kultivars 'n bemarkbare opbrengs van meer as 7 kg per plant (17,5 kg/m2).

Hierteenoor was die gemiddelde maksimum bemarkbare opbrengs per plant in die voorafgaande twee jaar (2000 en 2001) net 7,3 kg. Die jongste opbrengsresultate (2002/03) van kultivars wat meer as 7 kg tamaties per plant geproduseer het, word in die tabel getoon.

Die nie-bemarkbare opbrengs van 18 inskrywings (50 %) was minder as 0,5 kg per plant, wat aandui dat baie min klein en misvormde vrugte geproduseer is - dus 'n baie klein nie-bemarkbare opbrengs.

Mnr. Langenhoven sê die oesperiode het net oor 11 weke gestrek omdat die groei van plante weens beperkte ruimte getermineer is. Hoewel die gemiddelde vruggrootte van 88,2 g tot 152,3 g gewissel het, het 75 % van die kultivars se gemiddelde vruggroottes van 110 g tot 139 g gewissel, wat as die ideaal beskou word.

Die gehalte van die tamaties is deur 'n proepaneel beoordeel. Die paneel het hoofsaaklik op die smaak, tekstuur en algemene voorkoms van die tamaties gekonsentreer. Gehaltemetings, wat ná 'n opbergingstydperk van 14 dae by kamertemperatuur (+ 24 °C) gedoen is, sluit die persentasie vogverlies en verlies aan fermheid, die verandering in pH en totale opgeloste stowwe in.

Die meeste kultivars het hul fermheid verloor ('n verlaging van 25,6 % tot 50,6 %), maar gewigsverlies was minimaal (5,9 % tot 10,8 %). Alle kultivars het dus 'n uitstekende raklewe geopenbaar.

"Groeitoestande in die seisoen 2002/03 was hoofsaaklik gunstig, maar doeltreffender klimaatbeheer het bestuur vergemaklik en beslis 'n groot bydrae tot die verbetering in produksie gelewer. Omdat groeivereistes vir verskillende kultivars varieer, sal bogenoemde resultate nie noodwendig vir alle produksiegebiede geld nie. Nogtans toon dit dat nuwe tamatiekultivars in gunstige klimaatstoestande sowel hoë opbrengste as vrugte met 'n goeie gehalte kan produseer."

Deesdae is 'n wye verskeidenheid tamaties beskikbaar wat vorm, grootte en vlesigheid betref.

Van die kultivars wat getoets is, is nog nie kommersieel beskikbaar nie.

Mnr. Langenhoven beklemtoon egter die belangrikheid dat boere na die saadverskaffers se riglyne ten opsigte van eienskappe, soos siektebestandheid, die ideale klimaat en droogtebestandheid, kyk alvorens hulle saad koop.

Hierdie evaluasie is een van die dienste wat die AIPP aan die kweekhuisbedryf lewer. Dit is die assosiasie se mikpunt dat alle nuwe tamatiekultivars wat landwyd vrygestel word, op Welgevallen getoets en die resultate beskikbaar gestel word voordat saad daarvan deur 'n saadmaatskappy verkoop word.

Volgens mnr. Langenhoven het die AIPP omtrent vier jaar gelede tot stand gekom deur 'n unieke samewerkingsooreenkoms tussen die Departement Agronomie in die Fakulteit Landbou- en Bosbouwetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch, produsente van groente wat in kweekhuise verbou word, die kweekhuisbedryf en groot supermarkte. Dit is tans besig om groot dividende vir die kweekhuisbedryf in Suid-Afrika te lewer.

Die AIPP het ten doel om kundigheid in die kweekhuisbedryf saam te snoer om die bestaande opleidings- en navorsingsgeriewe van die Departement Agronomie op Welgevallen uit te bou en in stand te hou.

Fondse wat tot dusver deur die AIPP gegenereer is, het die Departement Agronomie oor die afgelope drie jaar in staat gestel om die bestaande kweekhuisafdeling op Welgevallen op te gradeer tot 'n hipermoderne eenheid wat enig in sy soort aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit is.

In die nuutste toevoeging tot die kompleks is 'n rekenaar-gekoppelde klimaatbeheerstelsel geïnstalleer wat temperatuur en humiditeit beheer en inligting daagliks op 'n rekenaar vaslê. Sodoende word optimale groeitoestande vir gewasse geskep en word genetiese potensiaal ten volle benut.

Hierdie geriewe word met groot vrug gebruik vir die opleiding van voor- en nagraadse studente, navorsing en die aanbieding van praktiese opleidingskursusse aan bestaande produsente en aan nuwe toetreders tot die bedryf, selfs uit voorheen benadeelde gemeenskappe.

Die AIPP se diens is juis nie net op die kommersiële produsent gemik nie. 'n Goeie voorbeeld is die AIPP se betrokkenheid by voorheen benadeelde gemeenskappe, soos die werkskeppingsprojek in Beaufort-Wes. In hierdie projek is 'n kweekhuis met die geldelike hulp van die staat opgerig.

'n Groep van 14 werklose mense van Beaufort-Wes het vir 'n maand lank 'n kortkursus in die verbouing van kruie in 'n kweekhuis by Welgevallen gevolg. Mnr. Langenhoven bedien hulle steeds van advies en opleiding nadat die projek in Oktober 2002 suksesvol van stapel gestuur is. Karin Theron is die media-skakelbeampte van die Fakulteit Landbou- en Bosbouwetenskappe by die Universiteit van Stellenbosch.

Tamatiekultivars wat meer as 7 kg per plant geproduseer het

Maatskappy

Kultivar

Bemarkbare opbrengs

kg/plant

kg/m2

AllianceBona 9,27 23,18
Syla 9,1322,83
Malavi 8,9022,25
Simson 7,79 19,47
DiclaAlboran 9,70 24,25
Petula 8,59 21,47
Marulchla 8,02 20,06
Ferax NIZ 63-316 8,77 21,92
Durinla 7,83 19,58
NIZ 63-308 7,59 18,99
Hygrotech Nagano 9,1222,79
Fanny 8,27 20,68
E21,30677 7,15 17,88
Mayford MFH 9343 8,96 22,39
FA 593 8,6621,64
HA 1420 8,3420,86
FA 1453 8,23 20,58
FA 1444 7,80 19,51
MFH 7035 7,29 18,23
PremierLouise 9,0022,51
Mona 7,41 18,53
Saadchem-Uniek Bongani 9,50 23,76
Torneo 9,0022,50
Sefora8,3420,86
Seminis SA Densus 7,4618,66
Quadro 7,32 18,29
Starke Ayres Nemo-Netta 9,5323,83
Shanon 7,86 19,66
SyngentaAlcudia 7,06 17,66

7 November 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-0.4%
Rand - Pond
21.50
+0.0%
Rand - Euro
18.92
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
+0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
993.06
-0.8%
Palladium
1,604.65
-2.0%
Goud
1,903.56
-1.0%
Silwer
23.10
-2.1%
Brent-ruolie
84.90
-2.1%
Top-40
73,382
-1.3%
Alle aandele
79,424
-1.1%
Hulpbronne 10
75,890
-2.6%
Industriële 25
102,044
-0.6%
Finansiële 15
16,175
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons wees vriende en sien waar dit heen lei
Ek is n wewenaar wat42jaar getroud was wat die lewe weer as n enkellopende wil aanpak daar moet goed wees om te doen wat die lewe weer die moeite werd maak speel bietjie golf...
Kom ons gesels en kyk wat gebeur.
Ek is ñ baie optimistiese mens met baie liefde om te gee. Soek my beste vriend vir wie ek lief kan wees. ❤️
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot